En nog ’n naweek. Daar is duidelik ’n bespeurbare trand: baie bloginskrywings = baie tyd; min bloginskrywings = baie besig. Verlede week het ek een ordentlike inskrywing gehad wat basies die vorige naweek bespreek het, en toe vir die hele week slegs ’n enkele videotjie, en gisteraand darem nog enetjie. Die trand is akkuraat. Ek is baie besig en voel effens oorweldig met alles. Maar eintlik is die werklike probleem nie die kwantiteit dinge wat gedoen moet word, alhoewel daar nogals baie is, maar eerder my energievlakke. Ek voel nogals tam deesdae en vermoed dis ’n tipe seisoenale affektiewe disfunksie (“seasonal affective disorder”), wat my gewoonlik in die lente beetpak.
Saterdag deur die dag het ek vir ’n Suid-Afrikaanse vriendin gaan kuier in Bundang, ’n buurstand van Seoul. Die vriendin is een van my niggies se beste vriendinne, sowel as die verloofde van ’n mede student uit my voltydse studiejare. Sy werk tans in Korea, tot later vanjaar wanneer sy haar verloofde in Engeland gaan ontmoet. Dit was ’n lekker uitstappie, en aangenaam om bietjie Afrikaans te kan praat. Ek kry selde daardie geleentheid.
Saterdagaand het ek by ’n Koreaanse vriend gaan oorslaap nadat ons eers die nuutste Terminator-fliek gaan kyk het. Sondag het ons laat opgestaan, oggendete gemis en Indiesekos vir middagete gaan geniet. Sondagmiddag en aand het ek spandeer aan opdragte merk.
Op die Koreaanse front was daar tragedie oor die naweek met die selfmoord van voormalige president Roh. Selfmoord onder Koreane, en spesifiek onder hoë profiel Koreane is ’n relatief algemene fenomeen. Arme Koreane . . .
No comments:
Post a Comment