Monday 5 January 2009

Tam

Die laaste paar dae was ek heeltemal tam. Die griep het my onderstebo gepooitjie, op my kom sit, my mond oopgerek en my keelgat afgeklim -- daar nes gemaak en gebroei. Dit het Kersdag gebeur. Die volgende dag het ek begin simptome ervaar en teen die 27ste was ek bedlêend. Met droë keelkraphoese en nagmerriekwekende koorse is ek 2008 uit en 2009 binne.

Ek het gister vir die eerste dag gewilliglik my woonstel verlaat en vandag het ek dieselfde gepoog. Toe ek vanaand tuis kom toe ontplof ek weer in 'n reeks heliografiese hoese wat voorgee om een of ander geheime boodskap te dra vir die oor van 'n gewillige paranoïed.

Nietemin, ek voel effe beter en hoop dat dit so sal voortgaan. 2009 kan net beter.

No comments: