Friday 29 October 2010

Zip-line . . . ek bedoel foefieslide

Verlede Sondag het ek gaan zip-line, of soos ons in Suid-Afrika daarna verwys, foefie-slide. Ek het saam met 'n groep mense gegaan na 'n zip-line baan tussen die berge. Ons het 'n reeks van nege bane elk so tussen 80 en 300 meter geniet. Ek het dit alles op video opgeneem maar sedert ek my rekenaar geformateer het, het ek nie videoredigeringsprogramme om enige iets met al die video te maak nie.



Dit was 'n lekker gedoente, maar die hele affêre was bietjie uitputtend omdat dit so ver uit Seoul uit is. Ek moes omtrent 'n uur en half per bus en moltrein ry tot by die punt waar ons as 'n groep ontmoet het en vandaar 'n gehuurde bus na die zip-line plek geneem het, sowat drie ure verder. Oppad terug was die verkeer baie sleg -- ek het uiteindelik eers middernag by die huisgekom. Ek het wel op die bus kans gehad om my mees onlangste moltreinboek, Hemmingway se Farewell to Arms, klaar te lees.

1 comment:

The Happy Potter said...

Ek kom nou op jou blog af toe ek zipline google om te kyk watter Afrikaanse terme daarvoor opkom. Volgense die Facebook-groep, Taalgoggas en Balbyters, word zipline met glykabel vertaal; ziplining sal dus kabelgly (of selfs kabelry) wees. My woordeboek weet daar niks nie van.