Tuesday 26 May 2009

Noord-Korea soek (alweer) aandag...


Noord-Korea is soos ’n kind wat alewig aandag soek – al is dit negatiewe aandag. Oor die naweek het hulle ’n atoombomtoets uitgevoer, en toe, net om dit in te vryf, het hulle vuurpyltoetse gedoen. Die wêreld se aandag was die afgelope ruk op allerande ander plekke, gevolglik voel Noord-Korea afgeskeep en daarom dan hierdie (negatiewe) aandagsoekery. Dit is tipies van Noord-Korea. Hulle gebruik sulke metodes om finansiële of ander hulp te onderhandel. “Gee ons geld, kos, hulp,” sê Noord-Korea, “en ons sal ophou met ons atoomontwikkeling”. Nes ’n stoutkind wat afgeskeep voel.

No comments: