Tuesday 12 May 2009

Ne me quitte pas

Verskillende rendisies van een van my gunsteling songs, "Ne me quitte pas", oorspronklik deur Jacques Brel. Die een waarna ek die meeste luister is Nina Simone se vertolking. Ek geniet ook Sting se weergawe. Sarah Bettens doen geensins die lied oneer aan nie. 'n Ander pragtige vertolking is die van Amanda Strydom, maar ek kon ongelukkig nie 'n YouTube-video of ander aanlyn skakel daarvoor kry nie. Die song, veral Nina Simone se weergawe, breuk elke keer my hart wanneer ek daarna luister en 'n traan is nie ongewoon nie.









Arkania se rap-weergawe is 'n interesante dekonstruksie van Brel se klassieke lied.



Onlangs het ek op Regina Spektor afgekom; haar herskepping van Ne me quitte pas is nogals vrolik. Regina Spektor is 'n genotvolle byvoeging tot my musiekkolleksie.

No comments: