Friday 2 January 2009

Om te bad

Klim onder ’n stort, skrop, en spoel die vuil weg.

Maar ’n bad – volgetap met warm water – is nie ’n haastige okkasie nie. Vir my neem ’n warm bad niks minder as ’n half uur nie. Dis ’n gebeurtenis, nie bloot ’n higieniese ritueel, soos tandeborsel, nie. Dis iets wat waardeur moet word; verkieslik by kerslig, soms met musiek, soms in absolute stilte. Jy moet lê in ’n bad en week. En prut. Jou gespanne spiere word saf. Jou gejaagde vlak asemhaling word diep en rustig. Jou bekommernisse losop. Jou ooraktiewe brein dryf op ’n kalm meer. Tyd verloor spoed. Die wêreld word ’n plek “daar buite”. Jy’s terug in die baarmoeder – veilig.

My woonstel het slegs ’n stort. Mensig!, ek mis ’n bad!

No comments: