Thursday 8 December 2011

(Suid-) Afrikaanse Rap

Ek kan nie sê dat ek noodwendig 'n aanhanger is van rap is nie. Wat ek bedoel is, ek is nie 'n super fan nie, is nie ophoogte met al die nuutste albums nie, en hou nie trek met al die nuwe kunstenaars nie. Terselfde tyd kan ek ook nie sê dat ek geensins na rap luister nie. Ek was ook opgesweep met Eminem en terwyl ek nie tans juis na hom luister nie, het ek waardering vir sy sosiale kommentaar. Ek luister ook graag na K'naan -- was bewus van hom sedert sy album "Dusty Foot Philosopher", voordat hy 'n fenomeen geraak het tydens die sokker wêreldspele met sy "White Flag"-enkel. Dan is daar Kanye West. Ek het twee van sy albums, die nuutste een waaroor ek nie huistoe sal skryf nie, maar ook die vorige een 808's & Heartbreak, wat ek beweer 'n baanbrekersalbum in die Hip Hop-industrie is.

Wat Suid-Afrikaanse rap betref, Die Brasse vannie Kaap het my regtig opgewonde gehad en ek mis hulle nogals. Hulle het inderdaad 'n verskil onder die Kleurlinggemeenskap gemaak en was sonder twyfel baanbrekers in Afrikaanse kontemporêre musiek-industrie.

Na Die Brasse het ek eintlik min Afrikaanse rap gehoor. Ek het bewus geraak van Jack Parrow en Die Antwoord (soos almal maar), maar nie juis met enige intensie om hulle musiek op my speellys te hê nie.

Onlangs het ek bewus geraak van nog 'n Afrikaanse rap-groep, Bittereinders. Wat 'n bevange naam! Hierdie is wel 'n groep waarvan ek meer wil hoor en beplan om hulle album te koop wanneer ek volgende maand Suid-Afrika toe gaan.





As jy op YouTube soek na Afrikaanse rap kry jy 'n klompie videos van skoolkinders waarvan hulle eerste taal nie Afrikaans is nie, maar wat vir 'n projek hulle gunsteling rap songs in Afrikaans moes vertaal en voordra. 'n Vyfhand vir die onderwyser! Dit maak my uitsien na al die Afrikaanse musiek wat nog voorlê!

No comments: