Friday 7 January 2011

'n Vreemde aand by Taekwon-Do

Gisteraand het ek 'n vreemde aand by Taekwon-Do gehad. Gedurende die klas het ek probeer om met die kwangjangnim (hoofinstrukteer) te gesels oor bloed pH vlakke en die effek van kaas en alkahol op jou liggaam se pH. My gebrekkige Koreaans en sy gebrekkige Engels het nie ver gekom nie. Maar dit was nie die vreemde ding nie. Direk na die klas moes ek vinnig my Taekwon-do dobok uittrek en my Hapkido dobok aanttrek vir fotos. Een van die klas se studente is besig om 'n artikel te skryf oor verskillende krygskunste vir 'n tydskrif en het iemand nodig gehad om Hapkido dinge te illustreer. Ek moes 'n klomp keer die vooroor rol doen sodat hy verskillende fases van dieselfde tegniek bo-oor mekaar kan blootstel om sodoende 'n interesante dinamiese eindfoto te bekom. Dit was ook nie die vreemde ding van die aand nie. Na Taekwon-Do en ook na die grondwerkklas het ons volwassenes na 'n kroeg toe gegaan. Ek het soos gewoonlik niks gedrink nie, terwyl die ander soju (Koreaanse aartappelwyn) en makgeolli (melk-ryswys) geniet het. Ook niks vreemd hier nie. Die enigste vrou in die groep het so dronk geraak dat sy nie regop kon bly nie en ons moes haar vergesel na haar huis toe. Op 'n stadium het sy besluit dat ons nou ver genoeg saam met haar geloop het, en is ons aangesê om terug te draai, sy sal self verder gaan. Ons het toe maak so gemaak. Halfpad oppad na die moltrein toe, bel sy en vra dat ons haar asseblief moet kom help, sy kan nie haar woonstel kry nie. Okay, so hierdie deel was bietjie vreemd, maar steeds nie die vreemdste deel nie. Die vreemdste deel het gebeur in die moltrein oppad huis toe. My afrigter neem my nuwe slimfoon by my hoor en soek na iets op YouTube. Uiteindelik kry hy dit en speel dit vir my. Dis een van sy gunsteling liedjies.



'n Baie vreemde ervaring.

No comments: