In Korea was daar onlangs twee jongmanne wat Taekwon-Do kom oefen het by ons klub. Die een uit Nederland, die ander uit Belgie. Daar het ook 'n Nederlandse vrou beging oefen. (Het jy geweet dat skoptegnieke heet "traptegnieke" in Nederlands en "skeptegnieke" in Flaams?) Hier op my toer in Laos en Sjina het ek ook mense uit Nederland ontmoet en land en sand gesels oor wat ons hier maak en sommer ditjies en daaitjies. Ek probeer aspris in ons gedeelde dialek praat, al verstaan ons mekaar veel makliker in Engels. Ek geniet dit om my Afrikaans te oefen (iets wat ek selde kans voor het), en dis ook lekker om in 'n "geheime" taal te praat wat die mense om my nie verstaan nie. Dis lekker om te weet dat buiten vir Engels ek in nog 'n Europeuse taal kan kommunikeer.
Eendag, na ek Koreaans relatief goed onder die knie het sal ek graag nog 'n Europeuse taal wil aanleer: Duits of Frans. Maar my tyd hier in die Ooste het my ook nuuskurig omtrent hierdie toontale, soos Manderyn of Thai. Die idee om in tone en nie net woorde nie, te kommunikeer is baie interesant. Ek het met iemand gesels oor Thai gedigte en hulle het my vertel van die wonderlike toonryme wat daar in Thai digkuns bestaan. Die rym in Thai is nie bloot woorde wat ryme nie, maar ook tonale rym en die meeste rym vind nie aan die einde van reels plaas soos tipies in nie-tonale tale nie, maar veral as binnerym. Dit klink wonderlik! Die persoon met wie ek gepraat het se uitering dat "tonal languages are one of the great pleasures in life," het my byna op die oomblik oortuig dat ek ook meer bekend moet raak met 'n toontaal. Ek oorweeg Manderyn, eerder as Thai, alhoewel ek meer van Thailand hou as van Sjina.
Published with Blogger-droid v1.7.2
No comments:
Post a Comment