Friday 27 February 2009

Staat en Kerk in die Nuwe-Nuwe Suid-Afrika?

Ek het ernstig oorweeg om vir COPE te stem – dis nou as buite landse Suid-Afrikaners wel gaan kan stem. Maar COPE se aanstelling van ’n biskop as hulle presidentskandidaat maak my baie onseker. Vanuit die staanspoor voel ek baie sterk dat politiek en religie (Staat en Kerk) verwyderd van mekaar moet bly. Die geskiedenis wys ons sonder skaamte hoedat religie (enige religie) met staatsmag, ’n dodelike kombinasie is.

Dit is waar dat Suid-Afrika ’n tradisie het van kerkmanne wat die politiek betree het; sommige goed, ander sleg. Nietemin, hierdie aanstelling van Biskop Mvume Dandale, voormalige hoof van die Metodiste Kerk van Suid-Afrika, maak my ongemaklik. Hoe seker is ons dat Dandala nie gaan probeer om Staat en Kerk te meng nie?

Indien Dandala sy kerklike toga neerlê, en homself fokus as staatsman – ’n eerlike man met intergriteit is tog die beeld wat COPE hiermee probeer weerspieël – dan kan Dandala dalk ’n goeie kandidaat wees. Baie Suid-Afrikaners is moeg vir die korrupte politici. Dandala se voorstelling is ook ’n kompromie, wat betref die ondersteuningsfaksies tussen COPE se hoofleiers Lekotla en Shilowa.

’n Ander belangrike vraag is of Dandala ’n politikus is? Dis eending om ’n leier van ’n kerkgemeenskap te wees. Dis ’n ander ding om landspolitiek te speel.

...ooOoo...

Op ’n ander noot: Lyk die COPE-logo nie vir jou ook soos die X-Men logo nie? Dalk is Terror Lekota ’n aanhanger van Marvel Comics! Met ’n bynaam soos "Terror" kan hy maklik ’n X-Men kakarter gewees het.

No comments: