Wednesday 5 June 2013

Kim Kwan Seok

Een van Suid-Korea se bekendste musikante is Kim Kwang Seok. Wat Johannes Kerkorrel vir ons was, is wat Kim Kwang Seok vir Korea was. Min mense weet regtig watse effek Johannes Kerkorrel op die Afrikaanse musiekbedryf gehad het, soortgelyk dink ek nie die jonger geslag Suid-Koreaners besef hoedat Kim Kwang Seok 'n ruimte geskep het vir die Koreaanse indie-sektor nie. Kleiner, intieme konserte soos wat tans in die Daehangro in Seoul beleef word is grootliks weens sy invloed. (Die alternatief is daardie ondraaglike monsteragtige K-Pop konserte met oorverdowende klank en verblindende ligte en sintetiese klanke.) Soortgelyk aan Kerkorrel het Kim ook selfmoord gepleeg deur homself te hang. Dit was 1996. Hy was slegs 32 jaar oud.

Kim Kwang Seok se balades is emosie belaai in die volk-rock / indie-rock genre en 'n mens kan maklik die musiek "voel", al verstaan jy nie die woorde nie. Nietemin, onderaan is een van Kim Kwang Seok se songs met onderskrifte.




Hier is 'n skakel na 'n aanhanger-webblad vir Kim Kwon Seok.

No comments: