"Because we think that practical help - the deed, the action - is the only answer we have to give to suffering, pain and fear. But compassion, sharing another person's guilt, grieving with him and standing by him when he is dying, demands a solidarity that goes beyong activism and the illusion that there is something to be *done* about everything." -- Juergen Moltmann
Wednesday, 11 October 2017
Thursday, 28 September 2017
'n Radio kuier met Lena Park
Ek het vanaand vir Lena Park ontmoet. Sy is ’n Amerikaans-Koreaanse sangeres en liedjieskrywer wat veral gewild in die laat 90s en vroeë 2000s was, en het seker meer as tien albums vrygestel. Sy is huidiglik ’n omroeper by KBS World Radio en dit is waar ek haar ontmoet het. Sy het ’n program genaamd “One Fine Day”, elke weeksaand, en op Woensdagaande is daar ’n segment “Aliens in Seoul”. Die titel is ’n tong-in-die-kies verwysing na Sting se liedjie “Alien in New York”. Ek was genooi as gas vir die “Aliens in Seoul” segment vanaand om bietjie saam met Lena te gesels oor my lewe hier in Korea. Ons het gesels oor die redes hoekom ek Korea toe gekom het, en wat maak dat ek steeds hier woon en ander interesanthede. Byvoorbeeld, ek het onder andere genoem hoe bittersoet ironies dit vir my is om haar te ontmoet, omdat my blootstelling aan haar en haar musiek was via ’n eks van my wat ’n groot aanhanger was. ’n Liedjie wat ek aangeraai het om na te luister op die program was juis ’n song op Lena Park se laaste album Parallax, wat ek as ’n geskenk vir my eks gekoop het, toe ons nog saam was. Dit was ’n heerlike kuier, en Lena en die vervaardiger het genoem dat hulle eintlik weer met my op die lug sal wil gesels, omdat daar nog so baie was waarby ons nie uitgekom het nie. Alhoewel die krygskunste ’n groot rede is hoekom ek Korea toe gekom het, het ons skaars daaroor gepraat vanaand, met die gevolg dat dit moontlik ’n fokusonderwerp mag wees vir ’n toekomstige radiogesprek. Hoe ookal, dit was ’n lekker ervaring om weer op die radiogolwe te surf. Die program sal volgende Woensdag, 4 Oktober 2017, uitgesaai word en dan ook daarna aanlyn op die KBS World Radio webblad geluister kan word, en ek dink ook vanaf iTunes afgelaai kan word.
Wednesday, 26 July 2017
Mmm...
"God is Christlike and there is no unchristlikeness in God." -- Archbishop Michale Ramsey
Sometimes it is good to read a paraphrase to truly comprehend an idea. This quote by Archbishop Ramsey combines ideas from different verses:
- 1 John 1:5, "God is light and in him is no darkness at all."
- Colossians 1:15a, "Christ is the visible image of the invisible God..."
- Hebrews 1:1-3a, "In the past, God spoke to our ancestors through the prophets at many times and in various ways, but in these last days he has spoken to us by his Son, whom he appointed heir of all things, and through whom also he made the universe. The Son is the radiance of God’s glory and the exact representation [χαρακτήρ / charaktēr] of his being [ὑπόστασις / hupostasis, i.e. "essence"], sustaining all things by his powerful word."
When Christians really accept the idea that the character of God is exactly the same as the character of Christ, especially as seen at the Cross, it will mess up some of their most cherished dogmas. For instance, the Jesus at the Cross depicts a non-violent, non-retaliatory, all-forgiving, non-judgemental, unselfish, other-centered, unconditionally loving character. Now that is a type of God that will make many people very uncomfortable.
Tuesday, 18 July 2017
My ITF Taekwon-Do private oefenspasie in Seoul, Suid-Korea
Die rede is dat die stigter, ’n voormalige tweester weergmagsgeneraal, Choi Hong-hee, was teen die diktator-president Park Chung-hee gekant. Choi en sy onderdane het die weermagskrygskuns Taekwon-Do ontwikkel, omdat die jong Suid-Korea op daardie stadium nie ’n gevegskuns vir die soldate gehad het nie. Park óók ’n generaal in die weermag het meer persoonlike ambisies gehad. Hy het staatshoof geword na ’n weermagsgedrewe staatsgreep. Park was veronderstel om slegs vir ’n kort rukkie aan bewind te wees, net om orde te herstel in die gebrekkige land, and dan sou hy kwansuis weer demokrasie herinstel. Soos gewoonlik die geval met mense wat aan bewind kom, was hy glad nie gretig om sy mag op te gee nie, en het selfs die konstitusie verander sodat hy langer aan bewind kon bly. Choi Hong-hee was gekant teen Park se klaarblyklike oneindige magsdrang. Park was natuurlik nie in sy noppies met die idee dat Choi, ’n generaal wat al hierdie krygers in die weermag onderhom het, hom teen staan nie, en het toe beplan om Choi te laat sluipmoord. Iemand het Choi van die planne laat weet, en so het Choi een aand uitgesluip en verdwyn. Hy het later in Kanada sy verskyning gemaak, waar vandaan hy met ’n goeie groep sterk Taekwon-Do meesters ITF gebou het tot ’n waarlik internasionale krygskuns. Park het waarskynlik onveilig gevoel met soveel soldate en burgers wat bevoeg is met ’n krygskuns wat moontlik hom kon ontverwerp, en het gevolglik veranderinge aangemoedig, sodat Taekwon-Do in Suid-Korea stelselmatig verander is in ’n gevegsport, eerder as ’n outentieke krygskuns. In die vroeë 1970’s is die WTF (World Taekwon-Do Federation) gestig. Sederdien is daar twee hoofstrome van Taekwon-Do in die wêreld. Die krygskuns gefokusde ITF, en die gevegsport gefokusde WTF. (WTF het vanjaar hulle naam verander na World Taekwondo, of te wel WT.)
Toe ek dus in 2006 in Korea aankom, kon ek nie ’n ITF skool vind nie. In 2008, met my tweede koms na Korea kon ek uiteindelik aan die einde van die jaar ’n ITF skool ontdek. Die enigste ITF skool in die hele Seoul-distrik. Darentee kan ’n mens gewoonlik meer as een WTF skool in elke buurt vind. Sedert 2008 was ek deel van daardie ITF skool, en het selfs daar begin afrig, as een van die ITF instrukteurs. Mettertyd het ek die hoof-instrukteur onder Meester Kim Hoon geword. Ons het baie geheg geraak aan mekaar, en hy het selfs vir my gesê dat ek moet hom as “ouboet” (in Koreaans) aanspreek, eerder as “afrigter”. Vir omtrent agt jaar was ek saam met Meester Kim Hoon, en vir ten minste vyf jaar was ek die hoof Taekwon-Do instrukteur by sy skool. Sy gimnasium het verskeie aktiwiteite aangebied: Taekwon-Do, skopboks, stoei, Cross-fit, en pilates.
Meester Kim Hoon het voltyds krygskuns en ander aktiwiteite afgerig vir sowat 20 jaar. Die gimnasium het gewoonlik 9:30 of 10:00 oop gemaak, en sy laaste klas het rondom 22:00 geeindig. Hy was uitgeput, en het vele kere aan my onthul dat hy moeg is, en dat hy op ’n verlengde vakansie wil gaan, en die wêreld gaan toer. Uiteindelik, in Mei van hierdie jaar, het hy besluit om dit te doen. Aan die einde van Mei het hy die skool gesluit en ek is namens hom bly dat hy tans in Brasilië is, met ’n toer in Suid-Amerika.
Ongelukkig het dit ook beteken dat aan die einde van Mei-maand was ek skielik sonder ’n plek om te oefen en afterig. Ek het ’n handjie vol studente wat onder my geoefen het, en al ver gekom het, maar nog nie hulle swartbelde het nie. Ek het ’n verantwoordelikheidsin teenoor hulle gevoel, maar ook wou ek verseker dat ITF Taekwon-Do voortleef in Suid-Korea se hoofstad, al is dit net as ’n klein saadjie wat hopenlik eendag weer kan ontkiem en ’n grootboom word. Verder, jaarliks kom daar toeriste van heinde en verre Suid-Korea toe, mense wat ITF Taekwon-Do in hulle tuislande beoefen, en graag die vaderland van Taekwon-Do wil besoek en beleef. Ook vir dié mense wou ek ’n klein ITF-tuistetjie bied. Hoe tragies om al die pad Korea toe te kom, maar nie ITF Taekwon-Do te kan oefen nie.
Uiteindelik het ek besluit om ’n klein spasie te huur vir hierdie doeleinde. Ek het ’n dak-kamer gekry, in die middel van Seoul en het aan die begin van Julie daarheen geskuif. Dit is basies ’n enkelkamer op ’n woonstel se dak. Die kamer is waar ek toerusting soos slaankussings, fokusteikens, en ander krygskunsverwante gereedskap kan stoor. Dit sal ook moet dien as oefenspasie tydens slegte weer: reën of wintersmaande. Die dakspasie buite is waar die meeste van die oefening plaasvind. Die plekkie is nie ideaal nie, maar dit is al wat ek nou kan bekostig. Ek kon nie die groot gimnasium van Meester Kim Hoon oorvat nie (ek het in elk geval ’n werk, en wil nie ’n voltydse gimnasium ook probeer behartig nie), en met net ’n handjievol studente (moontlik twee ernstiges) het ek maar besluit op die dakspasie vir nou.
Die beoefening van krygskunste op dakke is eintlik nogal ’n tradisie in die stede van die Ooste. Selfs die bekende Bruce Lee se eerste instrukteur Ip Man het klas gegee op ’n dak in Hong Kong, en dit is waar Bruce Lee se krygskunsbasis gevorm is. Vir ten minste ’n jaar (die lengte van my huurkontrak) volg ek dan ook nou in die spore van Oosterse krygskunstenaars van die vorige eeu wat hulle dissipline op stadsdakke beoefen het. Ek gaan nie geld kan maak met hierdie affêre nie. Die spasie is te klein om meer as ’n handvol studente, dalk so min as drie of vier op ’n slag, te kan hanteer. Ek sal dalk af en toe ook privaatklasse daar aanbied, maar soos wat dit vir my lyk is hierdie uiteindelik meer ’n liefdesdaad as enige iets anders. Ek hoop maar net dat ek genoeg studente het dat ek nie ’n te slegte verlies maandelik sal lei nie.
En so het dit dan nou gebeur dat ek ’n klein privaat dojang op ’n dak in die middel van Seoul het. Gisteraand het ek buiteligte gaan hang, en vanaand se oefening was heerlik, so met die bekende Suidberg (Namsan) en Seoul-toring in die agtergrond.
Tuesday, 11 July 2017
Buitelander
Monday, 10 July 2017
Vampires, Zombies, and Christianity
![]() |
| "Gog and Magog consuming humans." —Thomas de Kent's Roman de toute chevalerie, Paris manuscript, 14th cent. |

I have not yet read his book, so I'm not sure how much his ideas and my own overlap, but I did listen to an interview with him, in which he discusses his book and the obsession popular culture has with zombie apocalypses and how it connects with religion. You can listen to the interview here: Zombie Time with Greg Garrett
Friday, 16 June 2017
Mikrogolfoond-bekerkoek
2 x eetlepels sjokoladepoeier
2 x eetlepels suiker
2 x eetlepels melk (ek het room gebruik)
1 x teelepel bakpoeier
1 knippie sout (my bydrae)
1 eier
Saturday, 3 June 2017
Take Your Pick: God of Love or Mafia Boss
My favourite atheist Kurt Vonnegut provides a poignant solution: “There is no good reason good can’t triumph over evil, if only angels will get organized along the lines of the mafia.” I think Vonnegut, unlike most people who use the Problem of Evil to argue against the existence of (a benevolent) God, intuitively understood the impasse. As ethicist David Rodin puts it: “if one can defeat evil only by becoming evil, then it is impossible to defeat evil.” Sure, an almighty God can easily kill the evil-doers, or better yet, reach into the minds of the wicked and prevent them from acting out their malicious intentions, but while the end may justify the means the implication is horrifying. God would be the Mafia Boss, the Tyrannical Dictator, the ultimate Puppet Master. Yes, we would not have evil or pain or suffering, but neither would we be free to enjoy anything worth caring about. We’d simply be puppets in a universe void of love or liberty.
Friday, 21 April 2017
Mmm...
""It makes no sense that men mostly like dogs and women mostly like cats. Because men in their relationships really want a cat: not too needy, elegant, self-maintaining. Women in relationships want involvement, emotion; they should like dogs! It's completely backwards." -- Jerry Sinefeld." -- Jerry Seinfeld
Sunday, 9 April 2017
Mmm...
Thursday, 23 March 2017
Skriffelgoed
Tuesday, 24 January 2017
Mmm...
If people regularly dislike you "for no reason", there is a reason, and it's you. — Rory Miller (Conflict Communication).
Friday, 25 November 2016
Mmm...
"It is no measure of health to be well adjusted to a profoundly sick society." -- Jiddu Krishnamurti
Sunday, 22 May 2016
A Dog of Flanders
Sunday, 15 May 2016
Mmm
“It is customary to blame secular science and anti-religious philosophy for the eclipse of religion in modern society. It would be more honest to blame religion for its own defeats. Religion declined not because it was refuted, but because it became irrelevant, dull, oppressive, insipid. When faith is completely replaced by creed, worship by discipline, love by habit; when the crisis of today is ignored because of the splendor of the past; when faith becomes an heirloom rather than a living fountain; when religion speaks only in the name of authority rather than with the voice of compassion—its message becomes meaningless.” — Rabbi Abraham Heschel, God In Search of Man





