Pages

Thursday, 2 October 2008

Kyk hoe verlep ons

'n Ruk gelede sien ek 'n foto van Paul Newman en die eerste ding wat in my gedagtes opkom is Steve Hofmeyer se woorde: "Ouderdom is 'n bliksem!" Die foto is van 'n bejaarde Newman, gryskop, vaal gesig, verlepte vel. Die man, eens die toonbeeld van manlike aantreklikheid nou verweer deur tyd tot net nog 'n outoppie. Niks meer van sy eertydse glorie is oor nie.

Dit pla my want dis ook my lot. Dis ons elkeen se lot. Die tyd stuur voort en hy sleep met hom saam ons spartelende fleur en vitaliteit.

Toevallig, 'n paar dae terug (27 September) en dus 'n paar weke na my bepeinsing van Paul Newman se oudword, en ons elkeen se oudword, lees ek dat hierdie legendariese ster oorlede is op 83 jarige ouderdom aan longkanker.

Ek is seker ek het al 'n fliek of twee van hom gesien, maar ek moes baie klein gewees het. Daarom het ek besluit om 'n Paul Newman fliek te kyk. Ek het Cat on a Hot Tin Roof, met Elisabeth Taylor as die mede-hoofrolspeler, by my departementsbiblioteek uitgeneem. As ek onthou en tyd het sal ek 'n resensie daaroor skryf.

Photos from Business Week and Awards Daily.

No comments:

Post a Comment