Wednesday 26 July 2017

Mmm...

"God is Christlike and there is no unchristlikeness in God." -- Archbishop Michale Ramsey

Sometimes it is good to read a paraphrase to truly comprehend an idea. This quote by Archbishop Ramsey combines ideas from different verses:


  • 1 John 1:5, "God is light and in him is no darkness at all." 
  • Colossians 1:15a,  "Christ is the visible image of the invisible God..."
  • Hebrews 1:1-3a, "In the past, God spoke to our ancestors through the prophets at many times and in various ways, but in these last days he has spoken to us by his Son, whom he appointed heir of all things, and through whom also he made the universe. The Son is the radiance of God’s glory and the exact representation [χαρακτήρ / charaktēr] of his being [ὑπόστασις / hupostasis, i.e. "essence"], sustaining all things by his powerful word."

When Christians really accept the idea that the character of God is exactly the same as the character of Christ, especially as seen at the Cross, it will mess up some of their most cherished dogmas. For instance, the Jesus at the Cross depicts a non-violent, non-retaliatory, all-forgiving, non-judgemental, unselfish, other-centered, unconditionally loving character. Now that is a type of God that will make many people very uncomfortable. 

Tuesday 18 July 2017

My ITF Taekwon-Do private oefenspasie in Seoul, Suid-Korea

Kort na my tweede terug keer na Korea in 2008 (ek was van te vore hier vir ’n jaar), het ek uiteindelik ’n Taekwon-Do skool ontdek wat dieselfde tipe Taekwon-Do doen as wat ek doen. Ondanks ITF (International Taekwon-Do Federation) Taekwon-Do in Suid-Korea se weermag ontwikkel is, en as ’n internasionale organisasie hier in Seoul in 1966 geregistreer is, is daar ironies omtrent geen ITF Taekwon-Do skole in Suid-Korea nie. 

Die rede is dat die stigter, ’n voormalige tweester weergmagsgeneraal, Choi Hong-hee, was teen die diktator-president Park Chung-hee gekant. Choi en sy onderdane het die weermagskrygskuns Taekwon-Do ontwikkel, omdat die jong Suid-Korea op daardie stadium nie ’n gevegskuns vir die soldate gehad het nie. Park óók ’n generaal in die weermag het meer persoonlike ambisies gehad. Hy het staatshoof geword na ’n weermagsgedrewe staatsgreep. Park was veronderstel om slegs vir ’n kort rukkie aan bewind te wees, net om orde te herstel in die gebrekkige land, and dan sou hy kwansuis weer demokrasie herinstel. Soos gewoonlik die geval met mense wat aan bewind kom, was hy glad nie gretig om sy mag op te gee nie, en het selfs die konstitusie verander sodat hy langer aan bewind kon bly. Choi Hong-hee was gekant teen Park se klaarblyklike oneindige magsdrang. Park was natuurlik nie in sy noppies met die idee dat Choi, ’n generaal wat al hierdie krygers in die weermag onderhom het, hom teen staan nie, en het toe beplan om Choi te laat sluipmoord. Iemand het Choi van die planne laat weet, en so het Choi een aand uitgesluip en verdwyn. Hy het later in Kanada sy verskyning gemaak, waar vandaan hy met ’n goeie groep sterk Taekwon-Do meesters ITF gebou het tot ’n waarlik internasionale krygskuns. Park het waarskynlik onveilig gevoel met soveel soldate en burgers wat bevoeg is met ’n krygskuns wat moontlik hom kon ontverwerp, en het gevolglik veranderinge aangemoedig, sodat Taekwon-Do in Suid-Korea stelselmatig verander is in ’n gevegsport, eerder as ’n outentieke krygskuns. In die vroeë 1970’s is die WTF (World Taekwon-Do Federation) gestig. Sederdien is daar twee hoofstrome van Taekwon-Do in die wêreld. Die krygskuns gefokusde ITF, en die gevegsport gefokusde WTF. (WTF het vanjaar hulle naam verander na World Taekwondo, of te wel WT.)

Toe ek dus in 2006 in Korea aankom, kon ek nie ’n ITF skool vind nie. In 2008, met my tweede koms na Korea kon ek uiteindelik aan die einde van die jaar ’n ITF skool ontdek. Die enigste ITF skool in die hele Seoul-distrik. Darentee kan ’n mens gewoonlik meer as een WTF skool in elke buurt vind. Sedert 2008 was ek deel van daardie ITF skool, en het selfs daar begin afrig, as een van die ITF instrukteurs. Mettertyd het ek die hoof-instrukteur onder Meester Kim Hoon geword. Ons het baie geheg geraak aan mekaar, en hy het selfs vir my gesê dat ek moet hom as “ouboet” (in Koreaans) aanspreek, eerder as “afrigter”. Vir omtrent agt jaar was ek saam met Meester Kim Hoon, en vir ten minste vyf jaar was ek die hoof Taekwon-Do instrukteur by sy skool.  Sy gimnasium het verskeie aktiwiteite aangebied: Taekwon-Do, skopboks, stoei, Cross-fit, en pilates.

Meester Kim Hoon het voltyds krygskuns en ander aktiwiteite afgerig vir sowat 20 jaar. Die gimnasium het gewoonlik 9:30 of 10:00 oop gemaak, en sy laaste klas het rondom 22:00 geeindig. Hy was uitgeput, en het vele kere aan my onthul dat hy moeg is, en dat hy op ’n verlengde vakansie wil gaan, en die wêreld gaan toer. Uiteindelik, in Mei van hierdie jaar, het hy besluit om dit te doen. Aan die einde van Mei het hy die skool gesluit en ek is namens hom bly dat hy tans in Brasilië is, met ’n toer in Suid-Amerika.

Ongelukkig het dit ook beteken dat aan die einde van Mei-maand was ek skielik sonder ’n plek om te oefen en afterig. Ek het ’n handjie vol studente wat onder my geoefen het, en al ver gekom het, maar nog nie hulle swartbelde het nie. Ek het ’n verantwoordelikheidsin teenoor hulle gevoel, maar ook wou ek verseker dat ITF Taekwon-Do voortleef in Suid-Korea se hoofstad, al is dit net as ’n klein saadjie wat hopenlik eendag weer kan ontkiem en ’n grootboom word. Verder, jaarliks kom daar toeriste van heinde en verre Suid-Korea toe, mense wat ITF Taekwon-Do in hulle tuislande beoefen, en graag die vaderland van Taekwon-Do wil besoek en beleef. Ook vir dié mense wou ek ’n klein ITF-tuistetjie bied. Hoe tragies om al die pad Korea toe te kom, maar nie ITF Taekwon-Do te kan oefen nie.

Uiteindelik het ek besluit om ’n klein spasie te huur vir hierdie doeleinde. Ek het ’n dak-kamer gekry, in die middel van Seoul en het aan die begin van Julie daarheen geskuif. Dit is basies ’n enkelkamer op ’n woonstel se dak. Die kamer is waar ek toerusting soos slaankussings, fokusteikens, en ander krygskunsverwante gereedskap kan stoor. Dit sal ook moet dien as oefenspasie tydens slegte weer: reën of wintersmaande. Die dakspasie buite is waar die meeste van die oefening plaasvind. Die plekkie is nie ideaal nie, maar dit is al wat ek nou kan bekostig. Ek kon nie die groot gimnasium van Meester Kim Hoon oorvat nie (ek het in elk geval ’n werk, en wil nie ’n voltydse gimnasium ook probeer behartig nie), en met net ’n handjievol studente (moontlik twee ernstiges) het ek maar besluit op die dakspasie vir nou.




Die beoefening van krygskunste op dakke is eintlik nogal ’n tradisie in die stede van die Ooste. Selfs die bekende Bruce Lee se eerste instrukteur Ip Man het klas gegee op ’n dak in Hong Kong, en dit is waar Bruce Lee se krygskunsbasis gevorm is. Vir ten minste ’n jaar (die lengte van my huurkontrak) volg ek dan ook nou in die spore van Oosterse krygskunstenaars van die vorige eeu wat hulle dissipline op stadsdakke beoefen het. Ek gaan nie geld kan maak met hierdie affêre nie. Die spasie is te klein om meer as ’n handvol studente, dalk so min as drie of vier op ’n slag, te kan hanteer. Ek sal dalk af en toe ook privaatklasse daar aanbied, maar soos wat dit vir my lyk is hierdie uiteindelik meer ’n liefdesdaad as enige iets anders. Ek hoop maar net dat ek genoeg studente het dat ek nie ’n te slegte verlies maandelik sal lei nie.

En so het dit dan nou gebeur dat ek ’n klein privaat dojang op ’n dak in die middel van Seoul het. Gisteraand het ek buiteligte gaan hang, en vanaand se oefening was heerlik, so met die bekende Suidberg (Namsan) en Seoul-toring in die agtergrond.

Tuesday 11 July 2017

Buitelander

Onlangs het ’n familie-lid sekere aantuigings gemaak omtrent my buitelandse verblyf hier in Korea. Gló is daar ’n obskure rede hoekom ek so ver van my famlie af woon. Alhoewel dit waar is dat ek geen behoefte het om weer in die Vaaldriehoek te woon waar ek groot geword het nie (dit voldoen eenvoudig nie aan my persoonlike behoeftes nie), is dit nie waar dat ek in die Verre Ooste woon omdat ek weg hardloop van my familie of verlede nie: daar is sekere familie naby wie ek graag sou wou woon en na wie ek baie verlang; en wat my verlede betref is ek jammer om mee te deel dat daar is geen donker skandes waarvan ek weg vlug nie. Nie dat ek aan enige iemand ’n verduideliking van my lewenskeuses verskuldig is nie, nogtans het ek dit goed gedink om te deel—vir interesantheidsonthalwe—hoekom ek in die buiteland vertoef. Dit is belangrik om te weet dat ek woon nie in die buiteland bloot vir die aardigheid daarvan nie. Ek woon spesifiek in Korea, en nie enige ander land nie, omdat toe ek ’n tiener was ek ’n belangstelling in díe land ontwikkel het. Ek en my ouer broer het in 1994 met die Koreaanse krygskuns Taekwon-Do begin. Die bepaalde tipe Taekwon-Do waarmee ons begin het, het sekere oefen-reekse—sogenaamde “vorms”—wat vernoem is na spesifieke Koreaanse helde, filosowe, historiese gebeurtenisse, of kulturele idees. Byvoorbeeld, die eerste vorm se naam is “Cheon-ji” en beteken letterlik “hemel-aarde”, en is die Koreaanse term vir die skepping; ’n ander vorm is “Hwa-rang” en verwys na die legendariese jong ridders gedurende die Silla-dinastie; daar is ook admiraal “Chung-mu”, die mees bekende see-strategis wat met slegs 13 skepe ’n Japanese vloot inval met 333 skepe verweer het; en “Toi-Gye” die Neo-Konfuciaanse filosoof, digter en kalligraaf; “Eui-am” die vryheidsaktivis, en so meer. Hierdie en ander stories het in my ’n belangstel vir Korea geprikkel, en dit is waarom ek aanvanklik besluit het om Korea toe te kom. Ek koester steeds ’n belanstelling in veral Korea se antieke geskiedenis en filosofie en dit is dan ook hoekom ek selfs ’n doktorsgraad in die rigting (kryskuns-en-oostersefilosofie) bekom het. Daar is natuurlik ook ander redes vir my vertoef in Korea, waarvan een prominente punt my werk is. Ek wil in die akademie werk en met die huidige politiese klimaat in Suid-Afrika is dit moelik vir ’n witman om ’n werk te kry in my rigtings. Dit is nie onmoontlik nie, maar ook glad nie maklik nie. Elke jaar wanneer ek Suid-Afrika besoek gaan ek by universiteite aan en gesels met dosente, professore en administrateers om ’n idee te kry van die moontlikheid om in ’n Suid-Afrikaanse universiteit ’n werk te kry en ook ’n gevoel te kry vir die situasie daar. Ek is jammer om te sê dat my indruk met elke jaar se besoek meer negatief raak. Dit is nie bloot die nie-blank rasse voorkeur waaraan die instansies moet voldoen nie, maar die dosente en navorsers gaan gebuk onder allerande administrasiewe rompslomp (Google Translate se vertaling van “red tape”). Van my vriende wat dosente (selfs vol-professors) in Suid-Afrika is, soek na groener wyvelde in die buiteland, en van die ouergarde wat nog nie afgetree het nie, kan nie wag om af te tree nie omdat die universiteitsomgewing baie verander het. Verder is daar ook die finansiële kwessie. Aan die begin van hierdie jaar het ek na ’n pos gekyk by een van die kolleges in Johannesburg. Die salaris was so bejammeringswaardig dat ’n mens omtrent nie ’n middelklasbestaan kan maak nie. Geld is nie ’n groot prioriteit vir my nie, maar ek het ook nie jare van my lewe in studies belê om te krepeer nie. Ek wil ten minste ’n normale middelklas lewe kan lei, sonder om elke maand te stres oor hoe ek my huur gaan betaal of kos gaan koop. Ek het al baie swaar gehad in my lewe, en daardie stres ken ek al te goed. Om ’n belikke inkomste te verdien was nietemin ook ’n rede hoekom ek Suid-Afrika verlaat het. Toe ek besluit het om die tweede keer terug te kom Korea toe, was ek in ’n ernstige verhouding en het ons trouplanne gehad. Ek het gevoel dat dit nodig sal wees om ’n neseiertjie op te bou sodat ons ons nuwe lewe as gesin saam kan begin. Dit is veel makliker om in Korea geld te spaar as in Suid-Afrika bloot omdat ek minder uitgawes hier het. Hier word my verblyf deur my werkgewer verskaf, en weens die uitmuntende infrastruktuur het ’n mens nie in Korea ’n motor nodig nie. Sonder ’n motor is daar dan ook nie daardie addisionele uitgawes soos verslyting en motorversekering nie. (Ek het na sewe jaar in Korea wel vir my ’n tweedehandse kar aangeskaf, maar teen ’n spotgoedkoop prys.) Korea is verder ook ongelooflik veilig in vergelyking met meeste ander lande; inbraak is byna ongehoord, dus is daar nie uitgawes aan sekuriteitsdienste en assuransies nie. Die nasionale mediesefonds wat outomaties van my salaris afgaan beteken dat ’n doktersbesoek my sowat R30 kos, en medisyne is gewoonlik nie veel meer nie. My enigste ernstige uitgawe is kos. Kos was altyd veel duurder hier as in Suid-Afrika, maar met my laate besoek aan Suid-Afrika het ek opgelet dat die pryse daar baie opgegaan het, sodat verskeie items nou dieselfde kos. Die bogenoemde verhouding het nie uitgewerk nie, soos maar partykeer met verhoudings gebeur. Die spaar vir ’n huwelik was nie die enigste rede hoekom ek nodig gehad het om geld te verdien nie. Gedurende meeste van die tyd wat my pa ’n invalide was, het ek finansiëel bygedra tot sy verblyf en omsien. Ek het groot somme geld bygedra as depositos vir die plotte waarop my broer wat na my pa omgesien het, gebly het. Ek het ook vir jare lank die huur ten volle of ten dele betaal. Ek het verder ook ten tye—jare lank—my jonger broer se huur betaal, of kos gekoop, of bygedra tot studies en ander behoeftes. Gevolglik kon ek my eie studie skuld wat al vanaf my voorgraadse studies saam kom, eers onlangs afbetaal het. Die enigste tyd sedert my pa geskiet en my ma oorlede is, en vandat ek ’n inkomste het, wat ek nie geld “huistoe” gestuur het nie, was vir twee jaar terwyl ek vir my doktorsgraad se klasgelde moes betaal het. Selfs na my pa se afsterwe stuur ek steeds by geleentheid geld aan behoeftige familie en vriende. Hierdie bydraes, vanaf 2006 toe ek die eerste keer Korea toe gekom het, en weer vanaf 2008 toe ek die tweede keer Korea toe gekom het, sou eenvoudig nie moontlik gewees het indien ek in Suid-Afrika gewoon het en daar as dosent gewerk het nie. Dit was dan nóg ’n rede vir my woon en werk hier in die buiteland. Daar was verskeie kere wat ek elders wou heen gaan, of ander dinge wou gaan doen het, maar omdat ek ’n verpligting teenoor my familie gevoel het, het ek maar aangebly waar ek was, al was ek nie altyd gelukkig nie. Hoe ookal, ek het mynsinsiens ’n goeie werk. Ek werk as Engelse letterkunde dosent en gee onder andere klas in digkuns—een van my groot liefdes. Ek het die vryheid om in meeste van die klasse wat ek aanbied redelik kreatief klas te gee en kan my eie leerplanne en kurrikula ontwikkel. Solank my werk opdatum is, en studente nie ernstige klagtes het nie, is daar nie iemand wat heeltyd oor my skouer loer nie. Ek waardeur die onafhanklikheid. Buiten vir die paar stresvolle weke aan die begin en einde van elke semester, is my werksure baie belik en geniet ek ook lang vakansies. My jaarlikse betaaldeverlof is aansienlik meer as wat ek by ’n soortgelyke werk in Suid-Afrika sou gekry het. Dit is jammer en effe van ’n bekommernis dat my jaarlikse verhogings vanaf my vyfde jaar by die universiteit baie afgeplat het. Met die gevolg dat my salaris nie trek hou met inflasie nie. Alhoewel omstandighede nou nog belik is, en ek darem aan al my normale behoeftes kan voorsien, voorspel ek dat indien die verhouding tussen salaris en inflasie voortgaan soos nou, daar ’n tyd gaan kom wat dit nie volhoubaar gaan wees vir my om aan te bly by my huidge werk nie. Dus, al is ek redelik genoë met my werk, hou ek ook my oë oop vir ander geleenthede, en probeer ek uitkyk vir ander maniere om my inkomste aan te vul. Ek kyk ook na die dramatiese veranderinge wat besig is om plaas te vind wêreldwyd in die onderwys, veral op tersiêre vlak, wat my ook laat vermoed dat die historiese sekuriteit wat universiteitslektore geniet het, is besig om tot ’n einde te kom. Nietemin, solank ek nog ’n goeie werk in Korea het, sal ek hier aanbly totdat ek genoodsaak is om iets anders te kry, of totdat ek beter ’n geleentheid elders vind—of dit nou hier, êrens anders in die wêreld, of terug in Suid-Afrika is. Dan is daar die maklike toegang tot kuns en kultuur, en ook my krygskunsbelangstelling. Seoul is ’n wonderlike stad vir kuns. Die kunsmuseums is groot, divers, en kry gedurig kunswerke van baie ander lande. Daar is ook verskeie feeste. Ek geniet dit om dansvertonings te gaan kyk, en Seoul bied ten minste vier jaarlikse dansfeeste aan. Internasionale verhoogstukke en musiekblyspelle kom maak ook gedurig hier ’n draai. Natuurlik is die Verre Ooste ook die ideale plek vir iemand met ’n belangstelling in die krygskunste. Toe ek Korea toe gekom het, was ek ’n derde dan (swartbeld) in Taekwon-Do, intussen is ek ’n vyfde dan in Taekwon-Do, vierde in Hapkido, en het ook al verskeie ander krygskunste beoefen. As ek nie in Korea gewoon het nie, sou ek nie soveel geleenthede gehad het om my stokperdjies te beoefen nie. Met hierdie breedvoerige uiteensetting, hoop ek dat my familie en vriende beter insig sal hê oor die redes hoekom ek in Korea woon, en nie verkeerde aannames sal maak omtrent my verblyf in die buiteland nie. Ten laaste, om in die buiteland te woon en die wêreld te sien is ’n wonderlike ervaring. Ek raai dit vir enige iemand aan—nie noodwendig langtermyn nie, maar ten minste vir ’n jaar of so. Dit verbreed ’n mens se horisonne, kataliseer selfondersoek en persoonlike groei, help jou om inventaris te neem van wat belangrik is, en kry jou uit jou gemaksone uit. Ongelukkig is daar ook negatiewe punte. Na die wittebroodtydperk in die nuwe land verby is, kom ’n mens agter hoeveel ’n mens mis, veral die geliefdes—familie en vriende—wat ’n mens agter gelaat het. Dit is ook hartseer wanneer mense vir wie jy lief is nie dienooreenkomstige moeite doen om in kontak te bly nie. Dit dwing ’n mens om te rou, maar ook om te sien wie regtig omgee. (Daar is verbasend minder mense vir wie jy ’n prioriteit is, as wat ’n mens aanvanklik gedink het. Die ou uitdrukking “out of sight, out of mind” is baie keer al te waar.) Dit neem ook ’n lang tyd om hegte vriende te ontwikkel in ’n nuwe land en met mense van ’n ander kultuur. Hoe ookal, ’n mens weeg maar voor- en nadele teen mekaar op. Tot dus ver was dit voordelig vir my en ook vir behoeftiges in my familie dat ek hier kon woon. Elke af en toe heroorweeg ek weer die situasie, en alhoewel ek gemaklik is in Korea, mag dit wel eventueel meer voordelig wees vir my om êrens anders nes te skop.

Monday 10 July 2017

Vampires, Zombies, and Christianity

"Christian archetypes in vampire and zombie myths/texts" is how I worded one topic idea in my ongoing "Research Ideas & Writing Topics" file that I carry around on my mobile phone. I've always had a thing for vampire movies, and although I'm not that into zombie film, I would occasionally watch one. The Korean movie "Train to Busan" (2016) was quite good.



"Gog and Magog consuming humans."
—Thomas de Kent's Roman de toute chevalerie,
Paris manuscript, 14th cent.
A couple of years back it occurred to me that vampires and zombies are actually reconstructions of Christian themes. Drinking the blood of Christ in order to obtain immortality may have been part of the inspiration for the Gothic vampire genre, and the biblical eschatological reference to the Gog and Magog which some have interpreted as a resurrected army of the damned who come to attack the saints and the City of God, which is part of the final battle between God and Satan in the Book of Revelation. In some of the later Alexander myths, such as Thomas of Kent's "Roman de toute chevalerie", Gog and Magog are depicted as zombie-like cannibals that hide in the dark (caves).


In any case, it turns out I'm not the only literature scholar to have noted the connection between these Gothic genres and Christianity. Oxford University Press just published a book by English literature professor Greg Garrett, called "Living with the Living Dead: The Wisdom of the Zombie Apocalypse".

I have not yet read his book, so I'm not sure how much his ideas and my own overlap, but I did listen to an interview with him, in which he discusses his book and the obsession popular culture has with zombie apocalypses and how it connects with religion. You can listen to the interview here: Zombie Time with Greg Garrett