Saturday 25 July 2015

Afgeskeepte kunstenaar

Dit voel aanmatig om myself 'n kunstenaar te noem, maar ek het onlangs weer besef dat dit is tog die kern van wie ek is. As kind het ek ure en ure om gesit en prentjies teken en stories vertel. Op skool was ek geken as die outjie wat mooi kan teken. En pouses het ek vir my vriende stories vertel--lang "drome" wat ek die vorige aand gedroom het, maar ons het almal geweet dit was net stories wat ek daar op die dag opgemaak het. Maar dit was die getekenry waarvoor ek die meeste bekend was. En dit is juis hierdie getekenry was ek nou al vir jare afskeep. Sedert ek my graad in Grafiese Ontwerp voltooi het, omtrent 15 jaar gelede, en van studierigting verander het, het ek byna geen meer visuele kuns gemaak nie. 'n Prentjie een of twee keer per jaar, en doodles in my notaboek tydens vervelige vergaderings is nie 'n uitlewing van my kunstige self nie.

Ja, daar is ander maniere waarop ek my visuele kreatiewe sappe aan die brou kry--fotografie, byvoorbeeld. Ek neem gereeld fotos en verbeter die foto dan met grafiese programme (Grafiese Ontwerp kom steeds handig te pas), maar om iets af te neem, is baie anders as om iets te teken. Om 'n foto te neem is om 'n estetiese oomblik te herken en dan vas te vang. Om te teken of skilder is om die estetiese oomblik te maak. Die verskil is soos om 'n fliek te kyk of die boek te lees. Laasgenoemde vereis veel meer persoonlike inset, as eersgenoemde. Hiermee bedoel ek geen afbreek aan fotografie as kunsvorm nie. Ek noem myself nie 'n fotograaf nie. My mooi fotos het minder te doen met my fotografiese vaardigheid, en baie meer te make met my Grafiese Ontwerp agtergrond. Ek verstel aan my fotos om hulle mooi te kry. En 'n mens kan jouself allermins 'n fotograaf noem wanneer jy fotos met jou selfoonkamera neem, soos in my geval.

Terug by my behoefte aan kuns maak: 'n Paar weke gelede luister ek na 'n uitmuntende preek deur Greg Boyd wat een van daardie oomblikke-van-verheldering ("enlightenment") vir my ingehou het. Die preek handel oor die Skeppingsnarratief:

In ancient near-east culture, the phrase “made in the image of” was not uncommon. Often it was applied to statues of their gods. When these statues were made, the sculptor was to let the gods work through them to sculpt some attribute of a god. Then there was a “mouth-washing” ceremony, which often happened in temples that faced east or in gardens or rivers, in which the spirit of that god was “breathed into” the mouth of the statue. From that point on they believed that the god inhabited that statue, so the people would “feed” the god through rituals and ceremonies, and the god would then hopefully take care of the people. These statues were said to be “made in the image of” their gods.
So are we supposed to be statues of God?! Actually, in a manner of speaking, yes! The author of Genesis 1 describes God speaking everything into existence – except humans, who he came down and formed out of the earth. Then the text says he “breathed” his spirit into us, and put us in a garden with rivers in the east. This would have communicated to the ancients that God was saying, “this is my temple – I’m present here, and I created you to inhabit you.” It was a big twist on their understanding of “being made in the image of” – God sculpting and inhabiting us instead of the other way around!
But more than that, God is a “living God” – an intentionally redundant phrase that communicates that we are not just lifeless statues when he inhabits us. This is a very important aspect of being made in the image of God – we have a God who lives and moves, and we are to do the same! A living God needs a living representation of him, and we are to mirror his capacity for life, love, faithfulness, passion, etc. As Irenaeus said, “The glory of God is man fully alive”, and now is the time to be fully alive! This is the time to manifest God’s character, to care for the poor, to serve – to image the God who is living and fully invested in his creation!
Ek raai dit beslis aan. Jy kan dit hier aflaai en luister.

Boyd se aanmoediging aan die einde van die preek is dat aangesien ons in die beeld van die Lewende God geskape is, ons juis ons lewendigheid moet vier. Wat is dit wat jou maak lewendig voel? Die sielkunde vra die vraag soms anders: watter aktiwiteit maak jou vergeet van tyd? Vir my is die antwoord wanneer ek teken. Wanneer ek besig is om kuns te maak, dit is wanneer ek "flow" ervaar, en vergeet van alles om my, en net "is".

Daarom het ek besluit om 'n punt daarvan te maak om meer te teken. Ek wil nie vir myself ten doel stel om groot kunswerke, reuse skilderye, of so iets nou te maak nie. Ek het veels te veel ander dinge wat prioriteite is en my aandag vereis. Maar ek wil meer kuns maak. Al is dit net doodles. Ten minste een keer 'n week moet ek sit en iets teken. 'n Blom, of 'n appel, of 'n vis, of 'n gesig, of 'n ding. Net iets. So sedert verlede week het ek daarmee begin. Hier is 'n paar van my skribbels tot dusver.








No comments: