Monday 26 November 2012

Opname oor Afrikaanssprekendes in die Buiteland

Daar word tans statistiese navorsing gedoen oor Afrikaanssprekendes wie nie (meer) woonagtig is in Suider-Afrika nie. 

Daar sover 1200+ persone aan die aanlynopname deelgeneem vanuit oor die vyftig lande -- van Afghanistan tot Australië, van Ierland tot Israel, van Spanje tot Suid-Korea, van Viëtnam tot die VSA, en vele meer lande.

Die statistieke sover is insiggewend. Meer as 50% van die deelnemers meen dat die veiligheidsituasie in Suid-Afrika 'n hooffaktor is hoekom hulle tans in die buiteland is en oor die 40% voel dat daar nie meer 'n toekoms vir hulle in Suid-Afrika is nie. Nie een van hierdie twee redes was 'n pertinent rede hoekom ek die land verlaat het nie. My kruisie is gemaak langs: "'n Aantreklike werksgeleentheid is in die buiteland vir my aangebied," waarvan oor die 20% deelnemers gemotiveer is om die land te verlaat.

Hierdie is natuurlik nog net voorlopige stastiek, aangesien die opname steeds aan die gang is. 

Indien jy 'n Afrikaanssprekende is wat in die buiteland woon, vul asseblief die aanlynopname in:


Daar is ook 'n geaffiliëerde Facebook-groep wat baie aandag trek:

8 comments:

BoerinBallingskap said...

Interessant. Ek wou eintlik deelneem, maar toe sien ek die man verwys na "Afrikaanses" en toe sit my sommer af. Ek kan nie 'n "Afrikaanse" wees al wil ek nie, want daar bestaan bloot net nie so-iets nie.

Skryfblok said...

Haha. Nadat ek jou inskrywing gelees het oor die dinge wat jou gru, het ek gedink jy gaan nie van die opname hou nie! Ek moet sê dat dit vir my ook nie 'n mooi woord is nie. Dit ontstel my darem nie so erg soos vir jou nie, maar dit lyk eenvoudig lomp.

In die opname gebruik hy ook 'n ander vreemde woord, "ega" wat glo inklusief verwys na 'n mens se eggenoot of lewensmaat is. Nou dis vir my nog 'n leliker gedroggie as Afrikaanses.

BoerinBallingskap said...

ega? Nog nooit van gehoor nie!

Ek dink ek het 'n stereotipe oor taal. 'n Mens se taalgebruik se vir my baie van die mens wat die taal gebruik.

Skryfblok said...

Ek stem saam.

Skryfblok said...

(Maar Boer, ek hoop nie jy voel so oor spelling ook nie -- want my spelling suig nogals.)

BoerinBallingskap said...

Nee-wat! :) Afrikaans is boonop nie werklik jou eerste taal nie. En glo my, daar is Afrikaans eerste taal sprekers wat veel slegter spel as jy!

Skryfblok said...

Jong, dit hang af met wie van my familie en vriende jy gesels. Van hulle sal vir jou sê dat ek sit net aan en is eintlik 'n Afrikaner in murg-en-been. Ander weer, sal sweer dat ek is g'n Afrikaans nie.

Persoonlik het ek bietjie van 'n identiteitskrisis.

BoerinBallingskap said...

Jy is 'n unieke indiwidu. Die res is net etikette.