Tuesday 20 November 2012

Liewe Heksie

Ek het sopas na hierdie eerste episode van "Liewe Heksie" op YouTube gekyk. En dit was nou 'n fees!



Ek onthou hoedat ek gereeld na Liewe Heksie gekyk het toe ek 'n tjokkertjie was en onthou ook toe hulle op 'n keer aangekondig het dat daardie aand die laaste episode van Liewe Heksie was. Ek het snot en trane gehuil en my ma het hard gesukkel om my getroos te kry. Sowat 30 jaar later sit ek nou in Korea van alle plekke en kyk na Liewe Heksie. Hoe wonderlik!

Buiten vir hierdie eerste episode, het SABC ook agt ander episodes van Liewe Heksie op hulle YouTube-kanaal gelaai.

2 comments:

BoerinBallingskap said...

Neem jy ons nou ver die verlede in! Ek is juis nou besig met 'n inskrywing waarin ek na die Heksie verwys en wat jy geinspireer het.

Skryfblok said...

Wat ek geïnspireer het? Hoe so? Sien uit om dit te lees!