Saturday 31 March 2012

Bene


Bene of borste? Die ding wat jou maak vergeet waarvan jy jou net gepraat het en (ongeskik, maar onskuldig) staar. Party mans is gaande oor borste, ander oor bene.  Ek is 'n beneman.

In Korea sien 'n mens nogals baie bene. Koreaanse vroue het nie juis borste nie, daarom paradeur hulle hulle bene. Een van die vreemdste dinge van Korea is hoedat jongvroue, veral in die winter, hulle bene wys. Terwyl gewone mense alle vleeslike opening toe maak teen die bibberkoue, loop vele Koreaanse vroue rond in “hot pants.” Wyl ek ten minste twee lae broeke aan het, vergaap ek myself oor Koreaanse meisies in minirompe. Ek wens die “vergaping” was 'n waardeuring vir hulle bene, eerder as 'n verstomming oor hulle bomenslike (waansinnige?) vermoë om die koue te weerstaan. Then again, I am from Africa. Van my studente meen dat vroue wat so met kaalbene in die winter loop doen dit om gewig te verloor. Glo brand jy baie kilojoules deur jou bene in die koue te ontbloot.

Dis baie jammer dat tipiese Koreaanse meisies se bene dit net nie vir my doen nie. 'n Mooi been moet 'n kurwe hê, glo ek. Die kuite moet 'n kontoer hê wat herhaal in die enkels—'n eggo van die middel en heupe. Die Koreaanse ideaal vind nie vroue met kuite aantreklik nie. Kuite is waarskynlik 'n historiese simbool van harde-arbeid. Die mooi vrou in Korea is gebasseer op die aristokrasie, bleek vroutjies wat deur hulle diensmeisies gepamperlang is: spierlose porselynpoppies. Tipiese Koreaanse meisies het kontoerlose bene, sulke omgekeerde "cones" wat in skoene verdwyn. Selfs Korea se mode-gurus kritiseer hulle celebrities indien hulle bene elegante kontoere het. Kyk hierdie ontstellende YouTube-video waarin meisies met mynsinsiens pragtige bene eufemisties afgekraak word oor hulle "healthy legs".



Toe ek vroeër vanjaar in Suid-Afrika was, het iets my opgeval—mooi bene. Ek het al vergeet hoe mooi bene kan wees en dit was lekker om soveel meisies met gesonde, mooi bene te sien.

Famke Jannsen is 'n Nederlandse model
en aktrise. Sy is 1,82 m lank, langer as meeste
Amerikaners waar sy in Hollywood werk.
Binne my subkultuur* verdien gesonde, gespierde vrouebene aandag. Dis moontlik die Hollandse genetiese imprenting saam met die Afrikaner plaaskind argitipe wat daar agte lê. Die Nederlanders is van die langste mense in die wêreld, en dus langbene. Die Nederlandse genepoel is sterk in Suid-Afrika en daarom hou ons subkultuur moontlik ook van daardie genetiese manifestasie. Daarby is die Plaas 'n geweldige sterk simbool binne die wit Suid-Afrikaner se psige. Plaaskinders wat buite speel en boomklim en skaap aanjaag en perdry en in die plaasdam swem is gesonde kinders met natuurlik gesonde spiere. Nie te praat van die hordes stories van ons oumagrootjies wat kaalvoet oor die Drakensberge geloop het nie. (Ek het so 'n storie in my familie; jy?) 'n Paar generasies later en elke hoërskoolseun vergaap hom aan die pragtige gesonde bene van die meisies in die netbal- en hokkiespanne.

In Korea is daardie tipe bene geensins die gekose bene nie. Hier in Korea is daar snaakse dinge van Suid-Afrika wat ek mis en nie mis nie. Ek mis nie braaivleis nie. Ek mis nie rugby nie. Ek mis bene wat my hart aan die jaag kry!


* Ondanks my Skots-Joodse herkoms, was ek in 'n plaasskool as kind en in 'n Afrikaanse hoërskool. My bewuswondering van mooi meisies is dus vanuit hierdie konteks. 

2 comments:

BoerinBallingskap said...

Ek weet nie jong...ek het darem al 'n hele paar MOOI bene hier in Korea gesien!

Skryfblok said...

Hulle bestaan inderdaad wel... Toe ek in Kangnam / Apgujeong (baie welvarende areas in Seoul) gebly het, het ek aansienlik meer pragtige bene gesien as waar ek tans woonagtig is.