Monday 13 February 2012

Noord-Transvaal: Familie & Vriende

Die laaste twee weke kuier ek in die Noort-Transvaal. Met besoek in Natal het op 'n Donderdag tot 'n einde gekom; ek het vroeg die oggend per bus (Inter-Cape) vanaf Durban na Pretoria vertrek. Daar het 'n vriend my gekry en die res van tog verder Noord geneem tot net buite Tzaneen.

Lester en Hannelize, twee vriende wat binnekort ouers gaan word, was my gasheer en -vrou vir 'n baie aangename naweek wat 'n lekker swem ingesluit het. Swembaddens is nie 'n algemene ding in Korea nie en wanneer jy in 'n gymnasium in Korea gaan swem is dit vir swemoefening, nie vir die pret van swem nie. Die volgende week het ek bietjie vir Tannie Jenny (een van my vele aangenome moeders) en my haar seun, my vriend Michael, gaan kuier. Ek het dit erg geniet om bietjie televisie by hulle te kyk. Ek besit nie 'n televisie in Korea nie, so dis soms lekker om net voor 'n televisie neer te val en "op te vang".

Van Tzaneen is ek Pietersburg / Polokwane toe. Ek ken Jaco al sedert Graad 1. Sy ma was my Standerd 1 (Graad 3) juffrou. Ons saam op laerskool, ho"erskool, en universiteit. Hy en sy familie is regtig soos familie vir my en dit was heerlik om by Jaco te kuier en toe sommer sy ma en susters ook daar te sien. Hulle almal trek nou Noorde toe. (Dit maak natuurlik my toekomstige kuiers in Suid-Afrika baie meer gerieflik as al die mense so in dieselfde geografiee bly.) 'n Ander vriend wat ook saam met my op Potch gestudeer het, is ook in Pietersburg gevestig. Dit was lekker om met hom op te vang. Eintlik is dit net ek wat opgevang het, omdat hy 'n gereelde leser van die blog is, en dus 'n redelike goeie idee het hoe dit met my gaan en waarmee ek myself besig hou.

Toe Pretoria. Ek het die meeste van die tyd by Karel en Annari gebly -- Taekwon-Do vriende. Toe besoek ek Alwyn en Louise, ou Potch vriende wat nou in Pretoria bly. Alwyn en ek is albei in die akademie en het in die verlede projekte saam aangepak, insluitende die pyponlie.co.za projek, wat ons nou wil herontwikkeling binne 'n nuwe raamwerk. Ek gaan saam met Alwyn 'n nuwe projek aanpak; 'n liter^ere blaadjie. 'n Ander vriend in Pretoria is Henk, nog 'n Potch vriend. Henk het my bietjie rond gery en al die "local party spots" uitgewys. Hy het ook my aandag attend gemaak op die geweldsmisdaadgevaarzones in Pretoria.

Toevallig besluit van my familie in Pretoria om 'n saamtrek te hou oor die naweek en gelukkig was ek in die omgewing om dit te kon mee maak. Daar was nie baie gesinne nie, sowat vyf gesinne was verteenwoordig. Die geleentheid was veral spesiaal omdat ek die kans gekry het om een neef wie ek jare laasgesien het, maar volgens oorlewering (deur 'n ander nig en neef) goed oor die weg sal kom. Dit was die eerste keer vir my om Christiaan te ontmoet noudat ons albei volwassenes is. Ek het hom baie aangenaam gevind. Hy het uit sy pad gegaan om my by die Gautreinstasie op te tel sodat ek ook die kuier kon mee maak en sy vrou en kinders kan ontmoet. Die familie-kuier het gistermiddag afgesluit met Tannie Rina wat deur die motorvenster vir my skree: "Geniet jou lewe!" Mooi woorde.

Ook oor die naweek het ek met 'n Potch vriend en vorige huismaat, en sy partner, gekuier. Hulle het met my gedeel oor hulle moeilike ervaringe as 'n gay-paar, hoe moeilik die jare was wat hulle uit die kas gekom het, en hoe hulle familie hulle intussen begin aanvaar en ondersteun het. Ons het ook 'n paar flieks saam gekyk, en musiek uitgeruil.

En nou is ek in Johannesburg. Oor 'n uur ontmoet ek die Taekwon-Do president van Suid-Afrika vir 'n vergadering en dan vanmiddag ry ek saam met 'n ho"erskoolvriendin Vanderbijlpark toe. Ons gaan 'n draai by haar ma maak wat intussen 70 jaar oud geword het. Ek en haar ma het baie dae saam gekuier toe ek nog op skool was. Die tannie het naskool vir 'n besige dogter gewag, en omdat ek vir my besige ouers gewag het, het ek maar so saam met die tannie gesit en wag en lank en sand gesels.

Later die week is dit Noord-Wes toe.
Published with Blogger-droid v1.7.4

2 comments:

Kungfukitten said...

I don't know how I stumbled across your blog, but I like it. I also have a degree in creative writing and love martial arts and anime. Your self portraits were fun, if you'd like to see mine, I have some on my Flickr account: http://www.flickr.com/photos/kungfukitten/sets/72157594557379572/

Skryfblok said...

@Kungfukitten,

I see you enjoy the self portraits thing as much as I do -- mabe even more! ;-)

We also share a love of cats. Unfortunately I'm not allowed to keep pets where I live, otherwise I would definitely have shared my apartment with a cat or two too.