Friday 3 February 2012

Nog 'n ware verhaal

Tannie Dollie bly in die Noorde. Sy's 'n vriendelike rassis, met 'n warm haat vir die anderskleuriges en ek's bly sy is nie my familie nie. Sy's die tipe wat my vra: "Het jy nou al 'n meisie?" asof ek nog nooit in my hele lewe in 'n romantiese verhouding was nie, of "Wanneer trou jy nou?" asof ek nog 'n volwaardige, volkome mens gaan weens tensy ek getrou het nie. Wanneer ek nie bevredigind antwoord nie fluister sy agter af: "Hy's seker een van daai! Jy weet . . . 'n skewe ene, 'n moffie." As ek dan meedeel dat daar nogals mooi Koreaanse meisies is, kan ek sien hoe sy haar gril probeer wegsteek, en as ek dan verder verduidelik hoedat die Koreaanse kultuur nie heeltemal met my persoonlikheid pas nie, en ek daarom nie myself binnekort met 'n Koreaanse wederhelf sien nie, kan jy sien hoe sug sy van verligting. Ek is so bly sy's nie familie nie.

In elkgeval, Tannie Dollie se senuagtige kleinseun is vanjaar 'n eerste jaar student aan die universiteit in Potchefstroom. Tot eergister nog het Tannie Dollie se senuagtige kleinseun in 'n studentehuis gebly. Die rede vir sy kortstondige verblyf as 'n onafhanklike jongman is as volg: die vorige aand sit hy op sy bed langs 'n oopvenster met sy skootrekenaar en werk kyk. Toe hy weer sien staan "Ta" daar buite die venster met 'n geweer op Tannie Dollie se senuagtige kleinseun gerig. "Ta" is Tannie Dollie se versagtingswoord vir "kaffer". (Terwyl Tannie Dollie die gebeurtenis herlei het, het sy nie van "Ta" gepraat nie.) Gelukkig vir Tannie Dollie se senuagtige kleinseun is Ta ook senuagtig en toe seunuagtige kleinsein vir Ta en sy geweer sien, toe skree senuagtige kleinseun bloumoord en Ta gaan sommer aan die hol.

Tannie Dollie en haar senuagtige kleinseun se ouers raak toe dol en proklameer dat senuagtige kleinseun in 'n koshuis moet gaan bly waar hy opgepas kan word. En voor jy kan se "Ta" is arme senuagtige kleinsein in Hombre Manskoshuis geprop. Ek weet amper nie wat is erger nie: om van aangesig-tot-aangesig met 'n senuagtige skelm en sy geweer te wees, of om in Hombre Manskoshuis met hulle kudukop-logo gegooi te word nie. Arme, arme senuagtige kleinseun.
Published with Blogger-droid v1.7.4

No comments: