Wednesday 7 December 2011

Ou Blog

Die eerste keer wat ek Korea toe gekom het, dit was rondom 2006, het ek ook 'n blog gehad--destyds nog met Yahoo! 360. Ek het daardie blog toe gemaak nadat ek hierdie huidige een begin het. Ek het wel 'n rugsteun gemaak van die oorspronklike blog en het nog meeste van daardie inskrywings. Dis interesant om my oorspronklike reaksies omtrent Korea te lees. Sien byvoorbeeld een van my eerste inskrywings hier onder:

Orals is trappe. Baie trappe. 'n Mens begin om roltrappe te waardeur in Korea. Hierdie roltrap is in een van die moltreinstasies.
Of hierdie inskrywing wat ek oor my eetgewoontes in Korea gemaak het:

Ek het hierdie week vir die eerste keer wat ek hier is vleis geëet. Van my studente het my uitgeneem vir ete en al die disse het vleis gehad. So toe kies ek maar 'n tofu-bredie met stukkies beesvleis. Ek wou hulle nie in die gesig vat en glad nie eet nie. Gelukkig is my benadering nie 'n wettiese "geen-vleis" kwessie nie, maar eerder 'n "gesonde leefstyl" beginsel. Omdat daar soveel soja produkte hier is, is dit maklik om vegetaries te lewe. Ongelukkig is daar nie 'n verskriklike groot variteit groente en vrugte nie (en boonop is die goed so duur), so ek sal nie heeltemal vegan kan gaan terwyl ek hier is nie. Ek het regtig gehoop dat ek sou kon.

In somertye het die Koreane baie koue disse. Nie koud soos ons het nie—regtig koud! Die kos word op ys gesit. Ek het nog net een so 'n dis gehad, pasta met kimchi. Ek verkies maar warm kos, of ten minste kamertemperatuur kos, eerder as half gevriesde goed.

Ek raak stelselmatig gewoond aan die Koreaanse kos, maar dis steeds nie na my eie smaak nie. Tradisionele Suid-Afrikaanse kos is ook nie regtig na my smaak nie... ek eet nie graag vleis nie, geniet nie pap nie en drink nie bier nie.

Ek wens dat ek net meer gewone vrugte en groente hier kon geniet. Maar elke keer wat ek R18 vir 'n appel moet betaal wil ek die horries kry. Een van my gunsteling skrywer het die volgende te se: "Money spend on nutritious food is never wasted." Ek probeer nog daardie woorde ter harte neem.

2 comments:

BoerinBallingskap said...

:lol: Jy het my nou laat gaan teruglees na my eerste inskrywings oor Korea.

Skryfblok said...

Ek het tans vriende uit Suid-Afrika wat by my kuier. Dit help my om Korea met vars oë te sien. Ons was vandag na die volksvlooimark. Heel prettig.