Friday 11 November 2011

My kar is gevind!

Wie sou dit nou kon raai?

Ek het verlede week gerapporteer oor my kar in Suid-Afrika wat gesteel is. In die skrywe het ek genoem dat "if it is found I doubt will be worth more than its value in scrap, for the robbers will strip it down to its frame." Ek was verkeerd. Die kar is vandag gevind en die skelms het sowaar waarde toegevoeg tot my motor!

Hier is die kort e-posboodskap wat ek van my broer se lewensmaat ontvang het. (Haar seun is 'n polisieman.)

Ek hoop ek bring baie goeie nuus. My seun het vandag in Orange Farms gewerk en soos hul ry, sien hy 'n blou golf van voor af aankom en besluit om hom af te trek en doen die nodige ''chassis'' en enjin nr toetse oor polisie radio. Daarna bel hy my en vra vir kenmerke en ek noem 'n hele spul goed en hy antw...mamma ek't die golfie gekry. Hy't 2 gearresteer. [Jou broer] gaan mre oggend voertuigtak toe in Vereeniging. Die kar is oorgespray, volgens [my seun] lyk die kar mooi en daar is 2 nuwe mags agter op, maar daars nou 'n ander injin in, 'n passat enjin. So ja, sal jou weer na more op hoogte hou. Prys ons Hemelse Pappa...dankie Jesus.

Hoop my boodskap bring 'n glimlag op jou gesig.

Ek was in die versoeking gebring om te dink dat die rede hoekom ek my rugsak, wat nou die dag verlore geraak het, weer kon opsoor te make het met die veilige hawe wat Suid-Korea is; en dat ek nooit weer my kar sou sien nie omdat Suid-Afrika so 'n kriminele plek is. Die onwaarskynlikheid om my kar weer terug te kry is 'n wonderwerk en dit herinner my dat my rugsak, met al die waardevolle items wat daarin was, wat ek terug gekry het ook 'n wonderwerk is en nie eenvoudig met Suid-Korea se veiligheid te make het nie. Ek het allermins gebid! Alhoewel ek al baie dinge hier verloor het en weer terug gekry het, het ek ook al duur dinge hier verloor en nooit weer terug gekry nie.