Friday 18 November 2011

3 dinge

Ek het die onderstaande vrae op 'n ander blog gesien en is toe sommer lus om ook die speletjie te speel.

Noem 3 dinge waaroor jy mal is op die oomblik:



  • Antony and the Johnsons' "Hope There's Someone"
  • Okkerneutmelk
  • Mohisme
Noem 3 dinge wat jy vir jou 20 jarige self sou wou sê as jy kon terugreis in tyd:
Oor 'n jaar gaan jy deur die slegste tyd in jou lewe gaan wat jy jouself kan indink. Jou pa gaan in 'n rooftog in die kopgeskiet word. Jou ma gaan uiteindelik aan haar terminale siekte sterf. Jou beste vriend gaan te verlief wees om jou te ondersteun. Al jou finansiële ondersteuning gaan eensklaps verdwyn. Jy gaan bottels by die kafee moet ingee om 'n brood te koop. Jou meisie gaan die daaropvolgende jaar in 'n motorongeluk sterf. Jou ander beste vriend gaan in 'n koma wees. Jy gaan aan intense depressie lei. Ondanks dit alles gaan jy van die waardevolste lewenslesse leer wat jy moontlik ooit sal leer. God gaan 'n werklikheid vir jou word.
(Okay, dis meer as drie dinge . . . ek kan dit seker afkort tot: daar lê groot stront vir jou voor; jy gaan daaruit leer; God gaan wesenlik word.)

Wat is die 3 (of meer) dinge wat jy voor jou siel weet jy eintlik behoort aan te werk wat jouself aanbetref:
  • Gaan slaap om hemelsnaam vroeër!
  • Luister met belangstelling na jou broer.
  • Maak flippen tyd vir Koreaanselesse.
Waarvoor is jy bang:

Rotte. Hulle kan 60cm hoog spring—hoog genoeg om jou aan jou knaters te byt. Hulle kan deur rioolpype swem tot in jou toilet en jou knaters byt terwyl jy op die toilet sit. Hulle het lang tande.

Wat maak jou kinderlik opgewonde:

Poësie en 'n mooi metafoor.

Watter 3 films wat jy onlangs gesien het, het 'n impak op jou gemaak:
  • Warrior
  • In Time
  • The Help
Noem 3 goeie gewoontes:
  • Drink water.
  • Lees gereeld en wyd.
  • Koop nie emosioneel nie.

No comments: