Saturday 22 October 2011

My Afrikaanse speltoetser-panarie


Boer-in-Ballingskap het vir my hierdie skakel gestuur waar 'n mens 'n gratis Afrikaanse speltoetser en woordafbreker kan aflaai. Omdat dit 'n Pharos-produk kan 'n mens vertrou dat dit 'n goeie produk is.


Die enigste probleem is dat hierdie speltoetser werk in tandem met Microsoft Word. Ongelukkig gebruik ek nie Microsoft Word op my persoonlike rekenaar by my woning nie. Byna al die programme op my rekenaar is oopkode ("open source") gratis programme. Ek gebruik die Open Office-pakket as my woordverwerker. Ek het wel die Microsoft Office-pakket op my kantoorrekenaar, maar wanneer ek by die werk is, funksioneer ek eksklusief in Engels en het dus nooit behoefte aan 'n Afrikaanse speltoetser nie. So bevind ek my dan tans in 'n paradoksale-panarie. By die huis waar ek by tye 'n Afrikaanse speltoetser benodig kan ek dit nie gebruik nie, en by die werk waar ek dit kan gebruik het ek dit nie nodig nie.

2 comments:

BoerinBallingskap said...

Ek het nie besef dit werk nie met open source nie. Dit is nou maar 'n dilemma. Mag ek vra hoekom jy open source verkies op jou eie rekenaar?

Skryfblok said...

Ek probeer maar so ver moontlik nie geroofdesagteware gebruik nie. Omdat ek Microsoft Office op my werksrekenaar het sien ek nie die nut daarin om 'n Microsoft Office-pakket vir my tuisrekenaar te koop nie, veral aangesien die oopkode-programme byna net so goed. Wanneer ek werklik Microsoft Office nodig het, gaan ek doodgewoon na my kantoor toe en werk daar.

Verder het ek 'n vreemde neiging om monopolieë te boikot of om alewig opstroom te wil wees. Nie altyd 'n goeie gewoonte nie en ek is ook nie altyd konsekwent nie, maar nou ja.