Wednesday 12 October 2011

Gee Engels Oorsee


Baie Suid-Afrikaners gee Engels in Korea. Dis ook hoe ek die eerste keer in Korea beland het. Korea is nie die enigste land waar Suid-Afrikaners Engels kan gee nie, soos hierdie onlangse skrywe in Beeld wys. Mense met gepaste grade kan byvoorbeeld in Georgië gaan Engels skoolgee. Die geld is bitter min, slegs R2000 per maand, maar verblyf en etes is gedek, wat beteken dat jy byna geen uitgawes het nie. Natuurlik gaan jy nie juis geld maak nie en is 'n plek soos Georgië eerder gepas vir mense wat bloot nuwe ervaringe wil beleef.

Many other places, particularly in the Orient are also open to South Africans to teach English. Japan is a great destination with a relatively high salary; unfortunately, Japan is a very expensive place and saving money there is more difficult. Some South Africans I know also teach in Taiwan. Teaching in Hong Kong in the public school system is a good option, but I'm biased towards Hong Kong, although I personally would not want to teach children. I know of people teaching in Saudi Arabia and surprisingly even educators (i.e. people with degree's in Education) that are welcomed into England, Canada, New Zeland and Australia.

Hoe het dit gebeur?! Ek het glad nie besef dat ek vanaf Afrikaans oorgespring het Engels toe in die vorige paragraaf nie. Hierdie is definitief 'n gevaar wat jy in gedagte moet hou wanneer jy besluit om oorsee te gaan Engels gee: dit kom ten nadeel van die ander tale wat jy magtig is. Ek funksioneer byna uitsluitelik in Engels en vind dat my vlotheid in Afrikaans baie aangetas is.

Wanneer jy besluit om oorsee Engels te gee, stel ek voor dat jy twee dinge moet bedink. Wil jy geld maak of wil jy nuwe lewenservaringe hê en jouself in die gasheerland se kultuur verdiep? Die twee is nie noodwendig in tweestryd nie, maar die kanse is goed dat jy in plekke soos Korea of Japan by harder en langer ure gaan werk (alhoewel jy meer geld verdien), maar gevolglik minder tyd gaan hê om te verdiep in die plaaslike gemeenskap. Daarinteen, opsie wat minder geld bied, bied baie keer meer interaksie met die plaaslike gemeenskap. Neem byvoorbeeld die Beeld berig hierbo. Slegs R2000 per maand, maar jou etes is in die huise en aan die tafels van die plaaslike mense.

Watse kwalifikasies het 'n mens nodig om oorsee Engels te gaan gee? Gewoonlik moet jy 'n vier-jaargraad hê. Daarby saam is dit verkieslik dat indien jou graad nie in 'n gepaste veld soos Engelse taal- en letterkunde of Onderwyskunde is nie, dat jy 'n sertifikaat in TEFL (Teaching English as a Foreign Language) of TESOL (Teachers of English to Speakers of Other Languages) beskik. Nie alle lande vereis so 'n sertifikaat nie, maar dit sal jou aansienlik meer bemagtig en meer deure oopmaak indien jy wel oor so 'n sertifikaat beskik. Twee ander kwaliteite wat jy benodig is geduld en aanpasbaarheid. Ek het gevind dat Suid-Afrikaners inderdaad oor die algemeen oor meer geduld en aanpasbaarheid beskik as baie mense uit ander lande. Ek vermoed dat Suid-Afrika se multi-kulturele atmosfeer nogals daarmee help.

2 comments:

Einstein's Brain said...

What do you think you will do next year?

Skryfblok said...

Probably still be in Korea.