Saturday 17 September 2011

Verlang alweer na Hong Kong

Ek het gehoop om Hong Kong te besoek gedurende die onlangse langnaweek verlede week in Korea, tydens Chuseok. Laasgenoemde is Korea se Danksegginsdag waartydens mense tribuut bring aan hulle voorouers. Chuseok is basies 'n herfs oesfees. In Korea is die dag voor en na Chuseok ook vakansiedae. Vanjaar het Chuseok op 'n Maandag geval, dus was dit 'n lank naweek waartydens ek gehoop het om êrens heen te gaan. Ongelukkig het my departement my nie die hele naweek afgegee nie en kon ek nie so vêr rond rits nie. Seker 'n goeie ding, want dit spaar my geld. Tog, ek dink ek verlang na Hong Kong. Daar is iets omtrent die energie van Hong Kong waarvan ek hou. Ek dink nie ek sal daar wil bly nie, maar 'n paar dae so af en toe sou lekker wees.

Sal maar te vrede moet wees met 'n bietjie Kantonese (Hong Kong) pop-musiek: Andy Lau en Kelley Chan.



En nog 'n Andy Lau oldy:

4 comments:

BoerinBallingskap said...

Okay, na 'n klompie verstellings, probeer ek nou weer.

Ek het al so baie deur Hong Kong gevlieg, dat dit eintlik 'n skande is dat ek nog nooit die plek verken het nie. Maar dis definitief op my 2012 lysie!

Skryfblok said...

Jy moet Hong Kong beslis 'n kans gee. Stop eenvoudig oor vir 'n paar dae oppad êrens anders heen. Dis wat ek gedoen het -- was oppad SA toe.

BoerinBallingskap said...

Ek is bly ek kry uiteindelik weer reg om kommentaar te lewer! :)

Skryfblok said...

Ek ook!