Wednesday 4 May 2011

Wat is sexy?

Bono
Opsoek na my CV in een van my digitale laaie kom ek op hierdie af. Ek weet nie vir watter okasie ek dit geskryf het nie. Moontlik net om my eie gedagtes oor die onderwerp te orden, of dalk om op my blog te plaas, of miskien vir 'n ander doel. Ek verbeel my ek het dit reeds al op my blog geplaas, maar na 'n vinnige soektog blyk dit tog nie die geval te wees nie.

Ek is gefassineer deur “sexy”. Wat maak iemand sexy?

My vriendin vind byvoorbeeld Bono van U2 vreeslik sexy. Het jy onlangs ’n foto van Bono gesien? Hy het ’n reuse neus en ’n abnormale ken. Buiten vir sy interesante brille is daar niks wat ek as handsome sou klasifiseer nie. Tog vind derduisende mense hom sexy.

Seker so twee jaar gelede was ek en die vriendin by ’n Amanda Strydom konsert in Potch. Amanda, ’n vrou in haar vygtigs, wat lankal haar eens slanke lyf veruil het vir die mollige volumes van ’n middeljarige vrou, het ons verdronk. Sy was ongelooflik sexy. Haar sexyheid is nie in haar lyf nie, maar in haar selfvertroue.

Amanda Strydom (Source)
Sexy is baie keer gesetel in selfvertroue. Sletterigheid ook. ’n Sletterige vrou is vol vertroue dat wat sy uitstal aanloklik is. En ongelukkig werk dit vir party. Maar ’n ware sexy vrou weet dat haar bates te besonders is om aan almal vertoon te word. Sy steek dit verluidelik weg agter winkende klere. Ware “sexy” is ook uiters sensueel. Dis ’n bewuswees van die sintuiglike wat in subtielhede geprikkel word. Daar is min goed wat so irriteer soos ’n vrou wat ruik of sy in ’n bad parfuum gelê het. Gelyktydig is daar niks so lieflik as ’n subtiele geur, dalk jasmyn, wat sagkuns van haar nek af drappeer nie.

John Waters (bekend vir sy film Hairspray) vertel in ’n onderhoud: “I see some women in really scary redneck bars that I go to, that truly look shocking. Like a three-hundred-pound woman with extreme cellulite in a tiny mini-skirt working a bar and strutting her stuff. Is she sexy? Yes, in a wierd way. People who have that confidence and that nerve are really sexy. And if you think you’re sexy, someone else will. You can look really sexy covered up. So I think the women who have knock-out bodies are the ones that should wear Japanese fashion, Commdes Garcons and so on. But they never do. That’s why they all look the same. What I am alarmed about is that all women feel they have to show full breasts all the time.”

Ek dink dis makliker vir mans om sexy te wees. Die “vrou” is al so misbruik deur media dat dit moeilik is vir die gewone vrou om haarself te laat kompeteer. As sy maar net besef dat sexyheid is in die unieke subtielhede. Soveel vrouens probeer die abnormale maerheid van catwalk modelle na-aap. Maar die kunsgeskiedenis is dit eens, die vrou is mooi in haar kurwes, nie in haar reguit lyne nie.

"Blue Nude" -- Henri Matisse
Mans aan die anderkant is mooi juis in die reguitlyne. ’n Man in ’n ordentlike pak klere is gewoonlik aantreklik. As daar een geslag is wat kan baat by gewig verloor is dit mans. Kurwes pas nie by mans nie.

Colin McDowell skryf: “...photography advanced too far and erotical gradually changed into pornography—its vulgar little sister—which is, sadly, all that is left for us today. Top-shelf magazines, DVDs and websites are not about eroticism. They deel instead in quick fixes. Whereas eroticism was predicated on the belief that sex was a pleasure increased in direct proportion to the time spent on it, today it is all too often seen as a form of instant gratification, to enjoy briefly and then forget about. Pole dancing, lap dancing, erotic cinemas and bars have devalued sexual pleasure by blurring the boundaries between eroticism and pornography.”

Ek moet saam stem met McDowell se beskywing en Waters se lament. Seks en sexyheid het goedkoop geword – dis verlaag tot kitskos. En blykbaar is kitskos goed genoeg vir die meerderheid mense om op te leef. Kyk byvoorbeeld na die sexy odes in die Bybelse boek Hooglied: “Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste, met soveel wat geniet kan word. Jou slanke gestalte is soos ’n palmboom, jou borste soos druiwetrosse. Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim en sy trosse gryp. Laat jou borste vir my soos trosse druiwe wees, die reuk van jou neus soos die van appels, jou mond soos goeie wyn wat glad na binne gly vir die man wat jy liefhet, wat tussen sy lippe en sy tande deur vloei” (Hooglied 7:6-9).Die erotiese, of ware sexyheid, is iets waarin God goedkeuring vind. Maar hoe tragies dat ons dit verniel het tot kitskos.

“Eroticism is about titillation – the slow awakening of sexual pleasure. It involves the gentle interplay of the mind, sense and emotions. It is to be treated as something special and valuable” verduidelik McDowell. “It’s a choice we all make. Intellectual involvement or animal gratification.”

Die essay eindig effe stomp; dit kort nog bietjie werk, maar aangesien dit nie nou juis 'n prioriteit vir my is nie, plaas ek dit maar hier, sommer so ongeredigeer. Die essay is ook op 'n manier 'n tipe manifes vir my liefdesgedigte. Ek hoop dat mense in my gedigte 'n sin van die erotiese sal kry eerder as pornografiese.

No comments: