Monday 4 April 2011

Liefdesgedigte en erotiese verse


Ek het deur die jare 'n klomp liefdesgedigte en erotiese verse geskryf wat net digitale stof in 'n digitale laai opgaar. Skielik besluit ek toe om maar nog 'n blog te begin waar ek van hierdie gedigte kan afstof en uitstal. Maak gerus 'n draai by Ingelegde Lywe.

Ek stel veral belang in kollaborasies, maw saamwerk kunsprojekte. Dalk sou jy van my gedigte wou gebruik en dit toonset tot musiek, of miskien inspireer dit jou tot sketse of fotografie of 'n kort animasie film. Die gedigte op Ingelegte Lywe is onder 'n Creative Commons-lisensie, so sulke kollaborasies word verwelkom. As jy met iets nuuts vorendag kom, laat weet my gerus en miskien kan ons dit dan ook op Ingelegde Lywe plaas of op die woordkunswebblad Pyp-Aanlyn.

2 comments:

Anonymous said...

Het jy nie op 'n stadium die moontlikheid oorweeg om dit te laat publiseer in 'n bundel nie? Wat het van daardie projek geword?

Skryfblok said...

Ek moet redigeringswerk doen en dit dan terug stuur. Op die oomblik is ander dinge 'n groter prioriteit, ongelukkig.