Monday 7 March 2011

Geldloos; foonloos

Vandag is ek bank toe om te sien wat in my rekening aangaan. Tot my groot skok het ek 0 Won in my bankrekening. Nadat my kredietkaardrekening afgegaan het aan die begin van die maand is daar sowaar niks van my salaris oor nie. Ek's nie verbaas dat 'n groot deel van my salaris onttrek is nie, maar ek is geskok dat alles getrek is. Ek weet ek het / moes  my kredietkaard baie gebruik het terwyl ek in Suid-Afrika was, ek het net nie besef dat ek dit soveel gebruik het nie. Ek het darem die meeste kwitansies gehou, so ek kan darem sien waar al my uitgawes heen gegaan het.

Die probleem was natuurlik dat ek baie onverwagse uitgawes beleef het. Die motorongeluk het sy eis gehad, familie krisisse, en wie weet wat nog meer. Te veel dinge wat nie binne my begroting wou bly nie.

Ek is, vir alle praktiese doeleindes, op die oomblik geldloos.

Ek het 'n pot halfvol munte. En natuurlik het ek my kredietkaard indien dit moet. Gelukkig is daar darem kos in my yskas en kruidenierskas. Ongelukkig gaan ek paar van my maandelikse aktiwiteite moet prysgee. Ek gaan byvoorbeeld nie hierdie maan Taekkyeon kan oefen nie.

Maar dis nie al -loos wat ek op die oomblik is nie. Ek is ook selfoonloos. Ek het vandag toe ek by die OTM was om my geldsake te bestudeer my selfoon daar vergeet. Dis nogals 'n semi-krises. Korea is 'n redelike tegemoedkomende plek en 'n mens kry verbasend genoeg nogals dinge terug wat jy verloor het. Ek het bevoorbeeld al my beursie verloor en weer terug gekry. Die probleem met my foon is dat dit nie sommer net nog 'n foon is nie -- dis allermins 'n Galaxy Tab, wat selfs by Koreaanse standaarde iets spesiaal is.

Ek sal more by die Lost-and-Found op kampus gaan hoor of iemand dit nie dalk daar ingehandig het nie. Intussen bid ek maar. Hierdie is nie iets wat ek net kan vervang nie. Ek het die foon op 'n twee jaar kontrak waarvan ek nog vier maande gebruik het; maw daar is nog 20 maande op die kontrak oor! En omdat ek hieraan betaal, het ek nie regtig in my begroting ruimte om nog so 'n kontrak te open nie. Bid asseblief saam met my.

Ek was so ontsteld toe ek besef het dat ek my foon verlê het, dat ek nie verder kon konsentreer nie en het huistoe gekom voordat ek klaar vir al more se klasse voorberei het. Hoe ookal, 'n onderwyser moet altyd voorbereid wees, so dis nou terug werk toe . . .

Opdatering -- 8 Maart, 10vm.

God is goed. My gebede is beantwoord. Ek het vroeg vanoggend die departmentsekretaresse gevra om rond te bel en te hoor of iemand nie dalk my selfoon êrens ingehandig het nie. Na my eerste klasvanoggend is ek gou terug na die departementele kantoor toe om te hoor of daar enige nuus is, en sowaar! Binne sy Voorsienigheid het iemand dit inderdaad by die Lost and Found gaan inhandig en die sekretaresse dit reeds in 'n oulike geskenkpakkie vir my reg gehad. Dit was inderdaad 'n (wonderbaarlike) geskenk!

No comments: