Friday 4 February 2011

'n Harem in Pretoria

Gister het ek uiteindelik in Pretoria aangekom. Ek het 'n Taekwon-Do klas gaan bywoon / gee en bietjie kans gehad om tyd te spandeer met baie goeie Taekwon-Do vriende.


Gisteraand het ek 'n vreemde droom gehad. Ek is na 'n harem geneem en my plig was om die vroue in die harem te bevredig. Ek was bietjie senuagtig oor al die aandag, maar nietemin gewilig om my pligte na te kom. Ek onthou dat die rede hoekom hierdie verantwoordelikheid my toegestaan is, is iets te maak met my as vegter.

In 'n sin is dit 'n baie primitiewe droom. Die vegter / sterkste mannetjie in die trop, kry toegang tot die wyfies. Hoekom ek nou juis so 'n archetipiese droom gehad het is minder duidelik.

Aai, die manlike psige darem!
Published with Blogger-droid v1.6.5

No comments: