Sunday 24 October 2010

Gisteraand: 'n Verjaarsdagpartyjie en 'n singkamer

Een van my oefenmaats by die yusul-klub (die grondwerkklas by The Way Martial Arts Academy of Seoul) het Donderdagverjaar en besluit om gisteraand sy partytjie te hê en gevolglik was byna die hele The Way se volwassenes daar. Omdat dit Sabbat was en omdat ek ook eers per telefoon met 'n ander vriend van Suid-Afrika gekuier het, het ek eers bietjie later daar aan gekom -- teen daardie tyd het die helfde van die groep al heelwat drankies agter die blad gehad. Ek het 'n groot bak kwaliteit roomys gebring en self heerlik daaraan gesmul, saam met koek en pizza en bitterlemoensap.

Na die joligheid by sy huis is ons hele groep na 'n noraebang. Direk vertaal, 'n "singkamer" of beter bekend in die Weste as 'n Karaoke. Ek het "Wonderwall" van Oasis, "Under the Sea" van Little Mermaid en "Bohemian Rhapsody" van Queen gesing. Noraebangs is nogals groot in Korea en selfs die uitlanders geniet dit baie. As jy vir my kom kuier kan ons gaan na 'n noraebang toe.



Ek het probeer om nie te laat uit te bly nie en was omtrent middernag weer by die huis. Die rede was 'n ander avontuur waarvoor ek vroeg vanoggend moes opstaan -- ek het gaan foefieslide!

No comments: