Wednesday 13 October 2010

AAARRGGHH!!!

Dit is nou die tweede keer dat ek 'n bepaalde kreatiewe woordskets skryf van 'n ou paartjie wat ek op die moltrein gesien het wat net verdwyn. Ek het die eerste keer die stuk geskryf en vanaand toe ek dit wil oorlees kan ek dit nêrens vind nie. So toe dag ek laat ek dit gou oor skryf. Net toe ek klaar is en die laaste bietjie redigering wou aanbring toe druk ek verkeerde kombinasie warmsleutels en vee die ook perongeluk uit, sonder enige "undo"-opsie. Dis asof daardie twee vir wie ek voyeuristies op papier vasgelê het (ek het notas omtrent hulle in my notaboek geneem) wyer om enige ander plek te wil beland.

Is daar nog gremlins in my PC?

2 comments:

Unknown said...

lol skryfblok! ek dra net kennis van 'n gremlin in my kantoor! sterkte daar!

Skryfblok said...

Dankie Shiningfire.