Tuesday 14 September 2010

Cuppuccino en slapelose nagte


Gistermiddag moes ek bietjie tyd omkry aangesien ek vroeer stad toe was, voordat my Taekwon-Do-klas begin. Wel om die tyd om te kry het ek in 'n koffiewinkel/kroeg gaan sit met 'n boek in die hand. Die plek het nie warm sjokelade gehad nie so toe bestel ek maar 'n cuppuccino. Ek behoort van beter te weet. Aangesien ek byna nooit koffie drink nie, affekteer kaffeien my nogals sterk. Ek is na een in die oggend bed toe. Dis nou byna vyf in die oggend en ek is reeds wakker. Ek is moeg maar kan nie slaap nie.

Vanoggend moet ek op kantoor wees vir 'n 8:30 vergadering. Gelukkig het ek dan 'n paar ure oop voor my eerste klas. Dalk kan ek terug kom huis toe en vinnig 'n uiltjie knip.

No comments: