Tuesday 24 August 2010

Nog twee jaar in Korea

Die universiteit waar ek werk het besluit om my kontrak vir nog twee jaar te hernu. Ek het gister my nuwe kontrak gaan teken. Dit beteken dat ek verseker is—onvoorsiende omstandighede buite rekening gelaat—van ’n goeie werk vir nog twee jaar. In ’n tyd waar die wêreldekonomie aan garingdrade hang, is ek dankbaar vir so ’n goeie werk. ’n Soortgelyke universiteitspos in Suid-Afrika sal my nie soveel voordele bied as my huidige werk nie.

Ek is tans besig met wat ek wil doen met my lewe vir die volgende paar jaar; naamlik om in die akademie te werk as ’n lektor. Ek het ander toekomsdrome, maar vir nou is ek, vir ’n redelike mate, besig met wat ek tans in my lewe wil doen. Selde kan ’n mens so ’n sentament kwytraak; so ek is gelukkig.

Ondanks is ek tog reeds besig om ernstig te wonder oor my toekoms. Ja, ek is vir nog twee jaar in Korea, maar besluite wat ek nou neem sal beïnvloed in watse rigting my lewe ’n paar jare later gaan neem. Byvoorbeeld, ek wonder of ek met ’n tweede meestersgraad moet begin in ’n ander rigting of moet ek voortgaan met my doktorsgraad in my huidige rigting. Elkeen van hierdie keuses kan my lewe in die toekoms eiesoortig kleur.

3 comments:

Lindi said...

...congratulations.....-:)

Lindi said...

....congratulations...:-)

Skryfblok said...

Dankie.