Thursday 8 April 2010

Prostitusie: 'n Paar interesante feite

Ek het via 'n ander blogskrywer (Korean Rum Diary) op 'n paar interesante statistieke afgekom rakende prostitusie regoor die wêreld. Die punte wat my natuurlik die meeste intereseer raak my gasheerland, Korea, en my tuisland, Suid-Afrika.

Glo is die gemiddelde prys vir 'n sessie met 'n prostituut in Suid-Afrika 'n skamele $1. Wat is dit, om-en-by R7? Indien die gemiddelde prys R7 is, beteken dit daar sowaar prostitute is wat vir minder as dit dienste lewer; byvoorbeeld vir R5 of R2. Hoe arm en desperaat moet 'n mens wees om seks aan te bied vir so 'n klein bedraggie geld waarmee jy skaars 'n brood kan koop?! Ek ken iemand wat as 'n sekswerker haar drie kinders deur die skool gesit het. Sy het duidelik in 'n ander inkomste klas haarself bemark.

'n Koreaanse vriend het my onlangs vertel dat Suid-Afrika is besig om prostitute in te voer na Suid-Afrika vir die sokkerwêreldbeker. Ek weet nie hoeveel waarheid daarin steek nie, maar glo het hy dit op die nuus hier verneem. Dit klink vir my of hierdie sokkerwêreldbekers maar net 'n groot verskoning is vir massa-dekadensie. Dwelms, seks, drank, en oorlog op die sportveld.

'n Ander statistiek, hierdie slag rakende Korea, is dat 1 uit 5 Koreaanse mans betaal vir seks meer as vier keer per maand! Gesiene al die "Love Motels" waaroor ek al baie geskryf het, bevestig hierdie statistiek dit wat ek al lankal vermoed het. Dit is seker een van die goed wat my die meeste irriteer van Korea -- hierdie skynheiligheid. Hulle maak asof die familie-eenheid die belangrikste ding op aarde is, en asof Koreane oor die algemeen baie preuts is, maar oral is daar motelle, die advertensiebedryf stoom van seksuele innuendo, en elke vyfde ou op straat besoek 'n sekswerker een keer per week.

Jy kan die statistieke hier groter sien.

2 comments:

BoerinBallingskap said...

Ek geniet dit altyd om oor te bly in die Love Motels. Die tariewe is goedkoop en die kamers interessant. :)

NS: Het 'n artikel in Time gelees wat bevestig dat prostitute op grootskaal na SA ingevoer word vir die Wereldbeker.

Skryfblok said...

En die beddens is baie gemaklik!

Ek dink die plaaslike prostitute moet 'n bohaai maak.