Monday 19 April 2010

Lekker hedonisme

Word jy soms wakker met 'n deuntjie in jou kop?

Gisteroggend het ek wakker geword met Black Eyed Peas se "I've Got a Feeling" wat in my sluimergedagtes maal. Dat 'n liedjie my so vroeg in die oggend beset is nie vreemd nie; ek is gaande oor musiek en om met 'n deuntjie in my kop wakker te word gebeur elke af en toe. Wat wel vreemd is, is hierdie spesifieke liedjie. Ek luister selde na popmusiek en besit nie eens 'n Black Eyed Peas-album nie. Boonop dink ek dat ek die song nog net twee keer gehoor het; waarvan eenkeer onlangs was tydens die Jamie Cullum-konsert. Hy het "I've Got a Feeling" op 'n kreatiewe wyse in een van sy eie songs ingevleg.

Wat ek gewoonlik doen wanneer ek wakker word met 'n deuntjie in my kop is om die liedjie dan te gaan luister. Omdat ek redelik gesond lewe glo ek dat my honger na iets gewoonlik op 'n te kort in my diëet dui; byvoorbeeld, as ek lus raak vir spinasie het ek dalk 'n yster te kort, of 'n hunkering na sjokelade is moontlik 'n serotonien tekort. Dalk is daar iets aan die "I've Got a Feeling" wat my psige kort.

"I've Got a Feeling" het nogals 'n vrolike deuntjie en die hoek is ook heel optimisties: "I've got a feeling that tonight's gonna be a good night." Maar buiten die optimisme loop die lirieke oor van hedonisme: "Tonight's the night / Let's live it up / I got my money / Let's spend it up" en " know that we'll have a ball / If we get down / And go out / And just lose it all / I feel stressed out / I wanna let it go / Let's go way out spaced out / And losing all control."

Die musiekvideo drup ook van hedonisme met mooi langbeen vroue in stywe swart onderklere, met blossende lippe, en bonsende loslywe op die dansvloer.



Hopenlik is die rede dat my psige so hunker na "I've Got a Feeling" die optimisme wat die song vergestaldt, eerder as die hedonisme.

No comments: