Sunday 28 February 2010

Klanknabootsing in Afrikaans en Koreaans


In Afrikaans maak honde “woef-woef!” Nie in Korea nie. Hier maak honde “mong-mong!” Bye zoem nie “Bzzz” in Korea nie. Nee, hier “E-nyeng-nyeng-nyeng” bye. Koeie mag dalk “moe” in beide Afrikaans en Engels, maar in Koreaans “Emmê, emmê” hulle. Terwyl varke snork in Afrikaans en “oink!” in Engels, “ghing-ghing” hulle in Korea. Paddas kwaak nie in Korea nie, hulle “gheghol”. Muise en kuikens “piep!” nie hier nie, hulle “tiek!” of “kokihol!” Ook maak henne “kôkôkôkô” hier, terwyl hulle op ’n Suid-Afrika plaas “kiep-kiep!” Koreaanse katte sê nie die [m] nie, want hier “yeao” hulle, hulle “miao” nie. ’n Huilende uil “hoe-hoe” nie hier nie; hulle “buwang-buwang.” Motortoeters mag dalk “toet!” in Afrikaans, of “beep!” in Engels, maar in Koreaans “pang-pang!” hulle.

My aanvanklike fasinasie met die diere-klanke in Korea het begin ’n paar jaar terug toe ek vir die eerste keer gehoor het dat honde nie hier woef nie, maar mong. Glo is “mong-mong” hoe dit klink as ’n mens ’n hond in die verte hoor blaf. So wanneer jy weer ’n hond in die verte hoor blaf, luister aandagtig of dit nie dalk ’n Koreaanse hond is nie!

’n Oulike webbladsy wat die verskillende klanknabootsingswoorde in verskeie tale vergelyk is Bzzzpeek.Com.

1 comment:

Verdant said...

I also find onomatopoeia in different languages fascinating. One of the best exhibits at the Boston Children's Museum featured an array of Japanese "giongo" that visitors did their best to identify.