Friday 29 January 2010

Ou vriende

"Old Friends" by Felicia Touhey


Terwyl ek nog in Limpopo was, het ek vir Jaco gaan kuier in Polokwane. Van al my vriende ken ek vir Jaco seker die langste. Ek en Jaco het saam met skool by dieselfde plaasskooltjie begin en was in dieselfde skole vir die res van ons skoolloopbaan, selfs op universiteit. Op universiteit het ons ook vir ‘n tyd saam met ander vriende een huis gedeel. Dit is nogals aangenaam om vriende te wees met iemand wat jy al so lank ken. Daar is geen plek vir doekies omdraai nie. Jy ken mekaar se geskiedenis, het mekaar geken deur puberteit, selfs deur onderskeie lewenskrisisse. Ons ken mekaar se swakhede, issigrimmighede, mekaar se sondes. Daar is dus min plek vir maskers. Dis inderdaad soos familie.

Jaco is nou getroud met ‘n kind. Om terug te dink aan toe ons nog graadeentjies was, en hom nou te sien, ‘n volwasse man met sy eie familie, is gelyktydig wonderlik en skrikkerig.

No comments: