Tuesday 29 December 2009

COEX se Koei-parade

Daar is tans 'n trop koeie aan die wei voor COEX in Seoul. Ek was toevallig gister daar opsoek na boeke vir van die klasse wat ek volgende semester gaan aanbied. Die koeie het al te fraai gelyk. Gevolglik het ek 'n klompie kiekies geneem van 'n paar van die koeie wat ek die interesanste gevind het en het sommer ook vir elkeen 'n gepaste (maar geensins oorspronklike) naam bedink:

Blink-Pers Tilla


Blommetjie


Flessie
(Gebasseer op die ontwerp van tradisionele potwerk.)


Goue Bloeisel
(My tweede gunsteling.)


Halflewe


Kallie-grafie
(My gunsteling -- ek hou baie van kaligrafie.)


Patroontjie
(Ook gebasseer op tradisionele Koreaanse dekoratiewe motiewe.)

Picasso


Rooipensie


Strepies


Taekwon-Kalfie
 (Die figuur op die koei se flank is Taekwon-Boy, 'n robot wat Taekwon-Do beoefen -- vanaf 'n Koreaanse animasie.)


Dagga-lagga


Tekkie


3 comments:

Anonymous said...

Dit is nou cool! En so 'n tipies Koreaanse uitstalling. Ek dink die name wat jy gekies het, is ook baie gepas!

Anonymous said...

Dit is mooooose cool!
Baie kreatief!

Skryfblok said...

Daar was nog 'n hele rits ander koeie, maar ek het net die afgeneem wat onmiddelik my aandag getrek het. Is nogals 'n "tipiese" Koreanse uitstalling -- alhoewel ek ook al sulke geverfde koeie in Suid-Afrika (Johannesburg, 2005) gesien het.

Hierdie "Cow Parades" gebeur wêreldwyd. Die koeie word verkoop en die winste gaan na "charities" toe.

Lees meer hier: http://www.cowparade.com/AboutUs.php