Tuesday 1 December 2009

Basiese Grammatika? Nee, Basiese Woordeskat...

Ek het vroeër vandag gehoor dat my lysie vakke wat ek moontlik volgende semester gaan aanbied intussen ’n bietjie verander het. Glo gaan ek nie meer Essay Writing aanbied nie, maar in plek daarvan Basic Grammar. Ek is geensins gaande oor grammatika nie. Nogtans, dis dalk nie ’n slegte ding nie. Hierdie is ’n geleentheid vir my om weer my Engelse grammatika op te skerp.

Soos reeds genoem is Essay Writing met Basic Grammar verruil. Ek het dit geniet om Essay Writing te gee, maar dit vereis nogals baie nasien werk; hopenlik vereis die nuwe klas minder nasien werk.

Wag... ek het nou net oor die telefoon met die departementele assistent gepraat en glo is die nuwe vak wat ek gaan aanbied nie Basic Grammar nie, maar Basic Vocabulary vir tweede taal sprekers, en daar is drie lektore wat die klas aanbied vir eerste jaars. Nou ja, dit is hoe vinnig dinge in Korea kan verander. Dit is heel moontlik dat die huidige lys klasse steeds kan verander voor ek volgende jaar begin.

Ek het ook intussen verneem waaroor die vak Literature and Visual Arts handel. Die volle titel van die module is “Literature and Visual Arts: Shakespearean Performance and Movies.” Die Departement vir Engelse Studies bied twee modules oor Shakespeare aan: die een fokus op tragedies en die ander een fokus op komedies. Nou hierdie Literature and Visual Arts klas is ’n derde klas betreffende Shakespeare en dien as aanvullend tot die ander twee Shakespeare klasse. Ek sien ook dat dit is op vierdejaarsvlak. In Suid-Afrika sal dit dus as ’n honneursvlakvak dien. Ek dink dit het die potensiaal om ’n baie lekker klas te wees.

1 comment:

Lindi said...

thats intersting life....Lol...in the foreign country.......