Thursday 31 December 2009

Amper oppad...

Ek vertrek more op vakansie. My eerste stop is Hong Kong.

Maar, o wee! Ek het nog so baie om te doen. Ek het nog nie eens begin pak nie. Boonop moet ek nog 'n boek gaan soek vir 'n klas wat ek volgende semester gaan aanbied. Die boek moet ek dan nog by my vakvoorsitter uitkry sodat hy goedkeuring daarvoor kan gee.

Boonop is dit Oujaarsaand vanaand en vriende het gevra dat ek dit saam met hulle sal deurbring. Aangesien ek in stad toe gaan, op soek na daardie boek, kan ek netsowel aan bly. Die probleem is net dat ek dan nie by my eie plek gaan oorslaap nie. So dan gaan more 'n hengse gejaag wees om terug te kom, klaar te pak, te jaag na die bushalte vir die lughawekoets om my tot by die lughawe betyds te kry.

En het ek genoem dat ek nog twee bondels wasgoed het om te was?!

Ondanks dit alles, sien ek baie uit na my vakansie. Hierdie jaar was uitputtend gewees. Ek het 'n gevoel dat 2010 beter gaan wees... Wel, beter op 'n persoonlike vlak. Ek dink nie dit gaan beter wees sover wêreldgebeure betref nie. Inteendeel, terroriste aanvalle sal my geensins verbaas nie.

No comments: