Sunday 8 November 2009

Koreaanse muskiete


Ek verlustig my in die dood van muskiete. Veral deesdae wanneer ek 'n muskiet dood geklap kry, roep ek 'n kreet van blydskap uit: "Lekker!" in Afrikaans, of "Yes!" in Engels, of "Asa!" in Koreaans. Vir wat is daar nog muskiete om my te teister? Dit is allermins al byna winter? Genugtig!, die winkels het al die wintersklere uit, en die kersfeesversierings op. Elke ding het 'n tyd; elke insek sy seisoen.

Buiten vir die gewone muskiete, is daar glo twee ander tipes, en volgens oorlewering GROOT muskiete, in Korea. Die eerste een word bergmuskiete genoem: "sanmogi." Aangesien ek aan die voet van 'n berg bly, is hierdie waarskynlik die muskiete wat my so buite-seisoenaal irriteer. Die tweede tipe muskiet is selfs vreesaanjaender en word "jeontoomogi" genoem -- en beteken iets soos "oorlogsmuskiete" en kan glo jou bloed selfs deur die dikleer van weermagstewels suig!

1 comment:

Skryfblok said...

Apparently I'm not the only expat in Korea bugged (excuse the lame pun) by mozzies. Famous expat blogger Roboseyo is having his own bad-karma moments: http://roboseyo.blogspot.com/2009/11/mosquito-apocalypse.html