Monday 13 July 2009

Afrikaans op haar be#@%$te!

Perongeluk struikel ek oor hierdie nuwe Afrikaanse treffer. Weereens is dit bevestig... die Afrikanerkultuur het my ... uhm ... ontgroei. As my ma nog gelewe het sou ek na deuse 'n ernstige gesprek met haar moes gaan hê om te verduidelik dat ek dink nie ek kan meer deel wees van my moederskultuur nie. Dis nie haar fout nie, dis ek. Ek hou nie van pap en vleis nie; en dink ek is so gebore.

As jy braaf genoeg is, indien jy die taaivel van 'n mielieboer het, mits jy die sterk psigiese weerstand van 'n rugbyspeler het, luister na Jakaranda 94.2 se "Pap en Vleis" hieronder. Wees gewaarsku, dit mag jou lewe verander.

No comments: