Monday 2 March 2009

Moeg

Vandag het klasse begin. Gelukkig word daar nie veel tydens die eerste ontmoetings gedoen nie: ek kondig bloot die handboeke aan wat gekoop moet word, verduidelik hoe die punte uiteengesit is, handig die beplanning vir die leereenhede uit, vra of daar enige vrae is (daar is gewoonlik nie), en verdaag die klas. Gelukkig het ek Maandae ook net twee klasse. Dit is gelukkig, want vandag is ek pootuit! Ek vermoed dis nog die reperkussies van jet-lag. Alhoewel ek gisteraand teen middernag in die bed was, het ek nie genoeg ure se slaap in gekry nie. Rondom 3:30 vanoggend was ek wawyd wakker. Uiteindelik het ek maar opgestaan, water gaan drink, bietjie gebid en mediteer en toe, na wie-weet-hoe-lank?, weer die bed probeer. Ek's nie seker watter tyd ek uiteindelik aan die slaap geraak het nie. Teen 7:00 het my wekker afgegaan.

Ek beplan 'n kort middagslapie. Daar's geen manier wat ek vanaand se Hapkido en Taekwon-Do klasse sal kan maak as ek voel soos ek nou voel nie.

Ek begin eers Woensdag regtig om klasse aan te bied. Ek glo (of ten minste, ek hoop) dat ek teen dan weer in roetine sal wees, met energie en lewenslus. Ek eet deesdae weer gesond, drink aanvullers en geniet baie water.

No comments: