Tuesday 24 February 2009

Gay until Graduation


Met ’n besoek aan ’n ou professor by my Alma Mater verlede week, vertel hy vir my van ’n obskure fenomeen by die universiteit. Glo is daar ’n sterk subkultuur van GUGs (“Gay Until Graduation”) op kampus. ’n Gug is nie regtig homoseksueel nie (of ten minste nie offisiëel nie), maar geniet die gay-leefstyl en omhelsende gaygemeenskap vir die ruk terwyl hy (of sy) studeer. Na graduasie skakel die persoon eenvoudig terug na ’n konvensionele heteroseksuele leefstyl, trou, kry kinders, gaan Sondae Gerevormeerde Kerk toe en direk daarna na die supermark om vleis te koop vir die middag se braai.

Omdat die gesprek oor ’n verskeidenheid van wye idees gehandel het, het ek nie onmiddelik die GUG-gedagte bepeins nie. (Ek benodig in elkgeval bietjie tyd om oor dinge te dink, voordat die gewig daarvan my tref.) Ek kan nie sê dat ek bewus was van die GUG-subkultuur terwyl ek gestudeer het nie, maar moet sê dat ek nog altyd gefassineerd was deur seksualiteit – in besonder die vloeibaarheid by sommige mense, en die gestoldheid by ander. Party mense blyk gebore te wees sonder enige afwyking in hulle voorkeur. Ander mense vloei heen en weer oor die seksuelespektrum; sommige in hulle adollosensie, ander tydens ’n midderjarige krisis, en ander weer deurentyd, asof hulle nooit kan besluit op tieties of totties nie. En dan is daar die paar wat al drie soek.

Is die GUG-verskynsel blote eksperimentering? Is dit ’n soeke na ’n inklusiewe (of dalk ’n ekslusiewe) subkultuur? Het hulle na mode-ontwerper Tom Ford geluister?
There’s one indulgence every man should try in his lifetime: If you’re straight, sleep with a man at least once, and if you’re gay, don’t go through life without sleeping with a woman. Either way, you might be surprised at how natural it will feel if you can get past the mind-f*** of stereotypes. In the end, it’s just another person that you are relating to in a physical way. – Tom Ford
As daar een persoon is wat weet hoe om met seks te verkoop is dit die Tom Ford. (Kyk byvoorbeeld na hoe hy brille verkoop – Waarskuwing: Naaktheid en Seksuele Innoënsie2008 Eyeware Collection.)

So wat sit agter die GUG-fenomeen? Is dit ’n mode gier? Is die nuwe postmoderne identeit so vloeibaar dat seksuele oriëntasie ’n keuse geword het? Regtig?! Is seksuele oriëntasie ’n keuse? Wat het geword van al die gaykampvegters wat glo dat seksuele oriëntasie "nature" is, nie "nurture" nie, en beslis nie "choice" nie.

Ek het baie vrae, ’n paar bedenkinge, maar min antwoorde.

No comments: