Monday 17 November 2008

Uhuru?

Een van my broers deel onlangs aan my dat hy wil land uit. Hy is bang vir die toestand van Suid-Afrika en veral vir die Uhuru-legende. Volgens dié legenede, ook bekend as Operation White Eagle en Night of the Long Knives, is daar ’n plan om witmense uit te moor. Dit is veronderstel om substansieel binne een aand te gebeur en baie is dit eens dat die teken daarvoor Oud-President Nelson Mandela se afsterwe is.

Is hierdie "urban legend" waar? Eerlik waar, ek weet nie. Volgens Gustav Müller, ’n propagonis vir die Suidlanders, stuur Suid-Afrika sonder twyfel in daardie rigting af, en baie witmense is al gedreig daarmee. Maar behoort ons te glo in sulke stories, of is dit bloot die verdigsels van paranoïese verregses?

Of so iets gaan gebeur weet ek nie. Dat so iets kán gebeur het ek geen twyfel oor nie. Ek het in Sebokeng groot geword tydens die 80's toe al daardie protes optogte plaas gevind het. My familie het die protesoptogte eerstehands beleef. Ons het gesien hoedat massas mense oornag vanaf vredeliewende na woedende bloeddorstiges kan verander. Ons het beleef hoedat snelweë met klippe gesper word en karre wat daar stop met klippe gestook word. Ons het beleef hoedat mense wat nie wil deelneem aan die protesoptogte nie geslaan word; genecklace word (karbande word om hulle gesit, petrol oor hulle gegooi en dan aan die brand gesteek); hulle huise afgebrand word. Ek het self gesien hoedat iemand met pangas gekap word.

Ek word nie maklik opgesweep deur massa histerie, ketting e-posse, en groepsdruk nie, maar wat moet ek vir my broer sê? Bly in Suid-Afrika; moet nie vrees nie; “die nag van die lang messe sal nooit gebeur” nie? Selfs al is dit ’n legende kan ek nie met volkome sekerheid sê dat so iets nie sal gebeur nie. Neem Rwanda as voorbeeld... feitlik oornag het mense hulle eie familielede vermoor. Wie sou kon voorspel hoedat familielede in Rwana mekaar sou doodmaak? Die etniese verskille in Suid-Afrika is groter as die verskille tussen Hutu en Tsutsi in Rwanda.

Solank as wat politici haatspraak en bloeddorstige krete uiter, byvoorbeeld die lawwe “We will kill for Zuma”-uiting van die ANC-jeugliga, kan ’n mens slegs blinde gerustheid in ons land hê. Jy moet jouself dom-astrand hou om nie onseker te voel oor die toekoms van Suid-Afrika nie.

Sjoe, dit was nou nie juis ’n lekker inskrywing nie.

2 comments:

Mary-Jane said...

Interessant dat jy juis Rwanda vandag sou noem: http://www.news24.com/News24/South_Africa/Politics/0,,2-7-12_2427694,00.html

(Indien die skakel nie werk nie, gaan na www.news24.com en soek 'cope'.)

Skryfblok said...

Sjoe! Dis nie net paranoïese witmense wat gevaartekens sien nie.