Wednesday 5 November 2008

'n Oog vir 'n oog

An oil painting by Carl Hammoud.


Ek neem al hoe meer gereeld werk huistoe. In 'n vorige inskrywing, toe ek vir die eerste keer werk huistoe geneem het, het ek gekla dat ek dit nie wil doen nie. Intussen het ek my opinie daaroor verander.

Dit is bloot regverdig, dink ek. Ek is tegnies veronderstel om vanaf 9vm tot 5nm op kantoor te wees. Maar Woensdagoggende neem ek sowat 'n uur en half af om Taekkyeon te gaan oefen en Dinsdag- en Donderdagmiddae vertrek ek 'n uur vroeër, sodat ek die Hapkido-sessie om 5nm kan bywoon. So in geheel neem ek omtrent drie tot vier ure 'n week af. Hipoteties gesproke behoort ek dan drie tot vier ure terug te werk. Daar is niemand wat oor my skouer loer of my dwing om op kantoor te sit nie. Nietemin, ek gaan nie meer kla as ek werk huistoe neem nie.

3 comments:

Einstein's Brain said...

That's an interesting painting. It reminds me of the cover of a book I borrowed a while ago. http://www.amazon.com/Best-American-Magazine-Writing-2001/dp/158648088X/ref=si3_rdr_bb_product

Skryfblok said...

Was the book any good?

Einstein's Brain said...

I didn't read the entire book. It belonged to one of my professors in college. When I was in the English department, she let me look at it. It has lots of essays in it. The one that I remember was by a man who wrote about a teacher he had. It gave me chills. He was serving a life sentence in jail and his former student interviewed him. wow, just wow.