Wednesday 19 November 2008

En kouer...

Vandag was tot so koud as -7°C! Ek sit in my koue kantoor. Die verhittingstelsel in die gebou is net aan vir 'n paar uur in die oggend. Van môre af behoort dit weer bietjie warmer te wees vir 'n paar dae. Die weërvoorspellers sê dat die dagtemperatuur teen Saterdag by 'n warm 11°C kan draai.

Dit lyk darem of my vyf plantjies in my kantoor dit nog oorleef. Die plante buite was almal stokstyf gefries vanoggend.

My keelseer was weg vanoggend, maar dis stadig besig om weer terug te kom.

Ek gaan nou gou oppak en dan na die Engelse Departement toe gaan om fotostate te maak van 'n vraestel (my "Presentation Class" skryf eksamen môre), en daarna gaan ek huistoe. Ek dink ek sal 'n verwarmer vir my kantoor moet koop...

No comments: