Tuesday 18 November 2008

Byna bibberbewend koud (was dit nie vir ondervloerse verhitting nie)

Vandag is tussen 1°C en -4°C in Seoul. More lyk nie veel beter nie en teen Donderdag mag dit moontlik al 'n bietjie sneeu.

My broeke is almal dun en geensins opgewasse teen die Koreaanse koue nie. Boonop het ek 'n verkoue opgedoen. Sedert gistermiddag het ek 'n keelseer en laasnag het dit so erg geraak dat ek êrens in die middernagtelike ure 'n groot pot water op die stoof gaan sit het met bloekomolie daarin om my woonstel te stoom. Gelukkig het ek vandag eers om 12:00 klas gehad, gevolglik kon ek laat slaap. Ek hoop vannag gaan beter gaan.

Ek het besluit om nie vanaand na my krygskunsklasse te gaan nie. Dalk kry ek dit reg om vroeër aan die slaap te raak.

No comments: