Wednesday 8 October 2008

Sportsdag

Gister en vandag is sportsdag by die universiteit waar ek werk, en dus is daar geen klasse nie. Al hoewel dit oor twee dae strek word die gebeurtenis steeds sportsdag genoem. Vir sportsdag kompeteer departemente teen mekaar in verskeie sportsaktiwiteite; byvoorbeeld aflos, sokker, basketbal, toutrek, ensomeer.

Die departemente het ook cheerleader-groepe wat uit mans en dames bestaan. Weke lank al oefen hulle ooral op kampus elke middag tot in die nagtelike ure in aan hulle roetines. Die foto hier onder is van die Engelse Departement.

Die roetines is 'n mengsel van trompoppiebewegings, aerobiese passies, moderne dans en iets uit Bollywood. Nogals oulik.

Die twee kleurvolle perde hieronder (Henry links en Jay regs) in hulle mariachi-uitrustings is beide in van my klasse. Hulle is eerste jaarstudente.

The photos in this post are not Creative Commons images.

No comments: